Die neokoloniale spel in SAR op dreef

Deel op

Die felheid waarmee opposisielede van COPE en die DA president Zuma se optrede in die Sentraal-Afrikaanse Republiek veroordeel, laat ‘n mens wonder of hulle werklik verstaan wat daar afspeel. Die ander moontlikheid is dat hulle besonder goed ingelig is oor die optrede van ene Jack Grynberg, ‘n Amerikaanse oliemagnaat in die SAR.

Grynberg het onlangs sy aanspraak op oliekonsessies in die land verloor wat hy deur die howe wou herstel. Gerugte wil hê dat die Seleka-rebelle deur Grynberg Petroleum teen president Bozizé befonds is. Daar het skielik oral werwingsentra in die land oopgemaak wat rekrute R1000 belowe om hul “patriotiese plig” vir Seleka na te kom.

Die oliemagnaat van Denver is geen vreemdeling by konflik nie. Daar word bespiegel dat Grynberg verantwoordelik was vir die fenomenale opgang wat British Petroleum ná die val van die Sowjet-Unie gemaak het.

Grynberg, ‘n voormalige CIA-agent, het na bewering geologiese data by die Amerikaanse regering oor olievelde in Kazakstan gesteel wat hy aan BP se Lord Browne verkwansel het.

Die Amerikaner het hom egter destyds met Browne misgis, en toe hy skrik vir die bedrae omkoopgeld wat Browne bereid was om te betaal aan Kazakstan se president Nazarbajef, het die twee se verhouding in ‘n bitter twis ontaard.

Van Grynberg se voorneme om die gay Browne se voorliefde vir kinders te ontmasker, of sy belastingontduiking in lande soos Egipte waar hy letterlik miljarde van die staat gesteel het, het dadels gekom aangesien Browne lankal reeds politici kon oorreed dat hy in landsbelang optree, ook in die VSA.

By Woensdag se byeenkoms, was daar eenstemmigheid by die vergadering dat Suid-Afrika uit die SAR moet onttrek, ‘n goeie aanduiding dat Suid-Afrika ten minste Suid-Afrikaanse belange daar verteenwoordig, anders as ‘n paar ander spelers.

Bozizé het glo hulpbronkonsessies aan Suid-Afrika toegestaan in ruil vir beskerming teen neokoloniale aasvoëls. Die Franse was na bewering woedend oor dié ooreenkomste en was ná Woensdag se vergadering sigbaar verlig oor die besluit dat Suid-Afrika sal onttrek.

Idris Déby, die leier van Tsjad, het Woensdag op ‘n perskonferensie ná die leiersbyeenkoms gesê dat hulle die oorname van die rebelleleier, hoofman Michel Djotodia, as president van die SAR verwerp. Djotodia het vroeër aangekondig dat hy vir die volgende drie jaar die “oorgang” sal lei.

Die Communauté économique des Etats d’Afrique centrale (CEEAC) het hul ondersteuning vir ‘n oorgangskandidaat in die SAR uitgespreek wat die land binne 18 maande tot ‘n oorgangsbestel sal lei. ‘n Oorgangsraad is in die vooruitsig gestel, naamlik die Comité national de transition (CNT), waarby die rolspelers van die Libreville-ooreenkoms ook ingesluit is.

“‘n Komitee wat bestaan uit bekende figure in die SAR moet die oorgang lei. Hulle sal uitvoerende magte hê en sal die oorgangspresident kies,” het Déby gesê.

Die ambassadeur van die EU in Bangui, Guy Samzun, het egter sy hoop uitgespreek dat die rebelleleier Djotodia wel as president sal oorneem, wat kan lei tot verdere destabilisering in midde-Afrika. Die VN het egter reeds die mandaat vir ‘n multinasionale ingrypingsmag in die DRK goedgekeur.

Die herstel van ‘n grondwetlike bestel in die SAR in ooreenstemming met die voorskrifte van die Afrika-Unie se veiligheidsraad, is geopper asook die volgehoue betrokkenheid van die Organisation internationale de la francophonie.

Die Suid-Afrikaanse weermag se ontplooiing in die DRK sal op vrede en stabiliteit in die streek gerig wees. Ugandese soldate en vegvliegtuie is ook in die noorde van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) saamgetrek.

‘n Sending bestaande ​​uit ministers van die CEEAC, die Ekonomiese Gemeenskap van Sentraal-Afrikaanse State, die Afrika-Unie, die EU en die Organisation internationale de la francophonie, sal aanstons oor die toekoms van SAR besluit.

Die rol wat die Amerikaanse oliemagnaat Jack Grynberg in die toekoms van die SAR sal speel, moet egter nie geringgeskat word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.