DA wil Frankryk in SAR help

Deel op

Die Demokratiese Alliansie beplan om ‘n dringende mosie ter tafel lê om pres. Jacob Zuma te dwing om alle Suid-Afrikaanse troepe uit die Sentraal Afrikaanse Republiek (SAR) te onttrek, is Maandag berig

David Maynier, DA-woordvoerder oor verdediging, het aan die media in Kaapstad gesê dit moet troepe insluit wat glo na die Demokratiese Republiek van die Kongo en Uganda gestuur is vir operasies wat verband hou met die SAR-sending, wat die lewe van 13 Suid-Afrikaanse soldate geëis het.

Helen Zille, DA-leier, het gesê die manier waarop die troepe ontplooi is en die motivering vir die sending moet bekend gemaak word omdat albei dui op ‘n politieke skandaal.

Zille het gesê die regering het versuim om berigte dat Chancellor House, die ANC se beleggingsonderneming, sakebelange in SAR het, te ontken of bevestig.

Die DA se mosie sal Franse maatskappye in die SAR bevoordeel.

Die party se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko sê sy het President Jacob Zuma gevra om ‘n dringende vergadering van albei huise van die parlement byeen te roep om te bespreek wat in die Sentraal-Afrikaanse Republiek gebeur het.

Aangesien die parlement in reses is sal ‘n ontwerp-resolusie by die speaker van die Parlement, Max Sisulu ingehandig word.

Mazibuko sê hulle wil hê die parlement moet op die laatste vroeg volgende week oor die saak stem. Die parlementêre woordvoerder, Luzako Jacobs, het gesê hy kan nie nou kommentaar lewer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.