Oorsaak van heli-ongeluk in Kruger nog onbekend

Deel op

Die oorsaak van die helikopterongeluk in die Kruger Nasionale Park, waarin vyf Weermaglede dood is, is nog nie bekend nie.

Die weermag sê die Agusta A1-0-9 helikopter het omstreeks sewe-uur gisteraand neergestort tydens ‘n lugpatrollie oor die park as deel van Operasie Renoster. ‘n Weermag-woordvoerder, Brigadier-Generaal Xolani Mabanga, sê die voorlopige raad van ondersoek het sy werksaamhede teen ligdag vanoggend hervat, maar geen verdere besonderhede is nog bekend nie.

Die Minister van verdediging en militêre veterane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die hoof van die Weermag, Generaal Solly Shoke en die hoof van die lugmag, luitenant-generaal Zimpande Msimang het hulle medelye uitgespreek met die gesinne en geliefdes van die oorledenes.

Die weermaglede se name is nog nie bekend gemaak nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.