Poetin fel gekant teen gay aanneemouers

Deel op

President Poetin is fel gekant teen die aanneming van Russiese weeskinders deur buitelandse paartjies van dieselfde geslag.

Die regering en die Russiese hoërhof is na wat berig word versoek om te kom met wysigings aan die wet wat dit moontlik maak teen 1 Julie.

Spanning oor die kwessie het ontstaan ​​in middel-Februarie, nadat die Franse Nasionale Vergadering ‘n radikale wetsontwerp goedgekeur het om gay huwelike te wettig asook dat paartjies van dieselfde geslag kinders kan aanneem.

Kort daarna het die Russiese ombudsman vir kinderregte Pavel Astakhov beloof hy sal alles moontlik doen om te verseker dat Russiese weeskinders slegs deur tradisionele, heteroseksuele gesinne aangeneem word.

Dit sal dit moeiliker maak vir Amerikaanse gay paartjies om wit kinders aan te neem en hulle sal waarskynlik eerder na swart kinders moet kyk. Daar is tans ‘n geweldige tekort wêreldwyd aan wit kinders vir aanneming.

In Februarie het die Russiese ministerie van buitelandse sake verklaar dat hulle die moontlike “sielkundige skade” aan ‘n Russiese weeskind Yegor Shabatalov wil ondersoek. Die seun is aangeneem deur ‘n Amerikaanse vrou, wat in ‘n gay verhouding met ‘n ander Amerikaanse burger betrokke was. Sy het egter haar verhouding vir die Russiese owerhede weggesteek tydens haar aansoek om ‘n kind aan te neem.

Twee jaar na die aanneming van die kind, het ‘n onverkwiklike regsdispuut oor ouerlike regte egter tussen die twee uitgebreek. So ‘n verhouding is “eerder twyfelagtig in die lig van moraliteit” en die kind het hieronder gely, het die Russiese ministerie van buitelandse sake se Kommissaris vir Menseregte Konstantin Dolgov opgemerk.

Sommige Russiese organisasies egter sê ‘n totale verbod op buitelandse aannemings sal beter wees want dit is tegnies moeilik om die aannemende ouers se seksuele oriëntasie en hul wetlike status te verifieer. Sulke mense kan ‘n skynhuwelik gebruik om wit kinders in die hande te kry, het hulle gesê.

Intussen, het Nikolay Alekseyev – ‘n Russiese gayregte aktivis, die leier van die LGBT gemeenskap – gesê hy twyfel of Poetin se idee enige ernstige gevolge sal hê.

Aanneming deur ongetroude heteroseksuele individue is tegnies steeds moontlik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.