Mandela met longontsteking opgeneem

Deel op

Voormalige staatshoof Nelson Mandela is Woensdagaand weens longinfeksie in die hospitaal opgeneem, het die presidensie gesê.

Mandela is glo Woensdagaand kort voor middernag opgeneem.

“Dokters kyk na hom en verseker dat hy die beste moontlike behandeling ontvang en gemaklik is,” het Nuus24 berig.

Pres. Jacob Zuma het Mandela ‘n spoedige herstel toegewens.

“Ons doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners en mense oor die wêreld heen om vir ons geliefde Madiba te bid en in hul gedagtes te hou. Ons het volle vertroue in die mediese span en weet dat hulle alles moontlik sal doen om sy herstel te verseker,” het Zuma gesê.

Die voormalige staatshoof is verlede jaar op 8 Desember ook in ‘n hospitaal opgeneem om ‘n longinfeksie te behandel.

Mandela is meer onlangs op 9 Maart in die hospitaal opgeneem vir ‘n geskeduleerde mediese ondersoek en die volgende dag reeds ontslaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.