Egipte vang Internetkabelsaboteurs

Deel op

Egipte se kuswag het drie duikers gevang wat ‘n ondersese Internetkabel Woensdag deurgesny het, het die weermag gesê.

Dit is die eerste aanduiding dat misdadigers betrokke kan wees in die probleme met verbindings en ontwrigtings aanlyn.

‘n Vissersboot is naby die Middellandse hawestad Alexandria gestop deur die Egiptiese kuspatrollie en drie duikers is in hegtenis geneem, het die weermag-woordvoerder gesê op sy amptelike Facebook-bladsy.

Hy het nie besonderhede van die duikers se moontlike motief vir die beskadiging van die kabel gegee nie. Die kabel is die eiendom van die land se monopolistiese landlynverskaffer.

“Die gewapende magte het ‘n sabotasiepoging gefnuik en drie duikers in hegtenis geneem terwyl hulle ‘n ondersese kabel deurgesny het,” het hy gesê.

Dit is nie duidelik of die voorval verband hou met ontwrigting naas Egipte se kus soos die kabeloperateur SEACOM verlede week aangekondig het nie. Verskeie lyne wat Europa met Afrika, die Midde-Ooste en Asië verbind, is geraak.

SEACOM het nie enige verduideliking gegee vir die herleiding van telekommunikasieverkeer in die vroeë oggendure van Vrydag nie.

Internet-gebruikers het stadiger konneksies sedertdien aangemeld.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.