Oscar Pistorius se boek doen beroerd

Deel op

Die boekverkope van Oscar Pistorius se biografie doen beroerd nadat hy in hegtenis geneem en aangekla is vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp.

Navrae deur The Star by boekwinkels in Gauteng het aangedui dat terwyl koerante met artikels oor Pistorius van die rakke vlieg, die media-aandag geen uitwerking het op die verkoop van sy boek, wat in Augustus vrygestel is nie.

Die koerant het berig dat een reaksie was dat dit “in die asblik langs Lance Armstrong gesmyt moet word”.

Kalahari.net adverteer die boek teen ‘n afslagprys op webwerwe wat artikels oor die Pistorius hofsaak plaas. Webwerwe wat daaroor berig word ook fluks gelees.

Exclusive Books by die OR Tambo Internasionale Lughawe het gesê die boek was ‘n treffer verlede jaar ná die Paralimpiese Spele, maar dat dit nie goed verkoop het die afgelope tyd nie.

‘n Bestuurder by ‘n Books Galore-tak, het gesê mense toon geen belangstelling in die aankoop van die boek nie.

By Exclusive Books in Brooklyn Mall, Pretoria, was die reaksie soortgelyk. Christo Kellermann gesê: “Miskien gaan mense wag totdat dit verby is voordat hulle dit koop.”

Nog ‘n boekwinkelbestuurder het gesê daar is “geen ontploffing in die verkope van die boek of ‘n stormloop van kliënte in die plasing van bestellings nie.”

Die koerant het ook berig dat die uitgewers van Sarie en GQ-tydskrifte – op wie se omslae Pistorius verskyn het – gevra het dat hulle tydskrifte van die rakke afgehaal word die dag na Steenkamp se moord.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.