Oscar Pistorius se tante is reeksmoordenaar-spesialis

Deel op

“Ek sal nooit reeksmoordenaars vergewe nie, maar ek hulle kan verstaan.” Dit is die woorde van Micki Pistorius. Sy is ‘n moorddeskundige en Oscar Pistorius se tante

Die 52-jarige tante het ses jaar ondervinding in die polisie se ondersoekende sielkunde-eenheid en is ‘n outeur van ‘n boek oor die onderwerp.

Sy kan egter nie geraadpleeg word deur die vervolging nie as gevolg van familiebande.

Die tante van beweerde moordenaar Pistorius is een van Suid-Afrika se bekende kriminoloë

Micki Pistorius was betrokke in meer as 30 reeksmoordenaargevalle en het gehelp om byna 200 speurders in die ondersoek van reeksmoorde op te lei.

In haar boek ‘Catch Me A Killer’ sê dr Pistorius sy beskik oor ekstra-sensoriese magte van persepsie wat sy “cryptesthesia” noem.

Sy het ook al omstrede kommentaar oor moordenaars gelewer: “Reeksmoordenaars is nie monsters nie, hulle is mense met gemartelde siele. Ek sal nooit vergewe wat hulle doen nie, maar ek kan dit verstaan.”

Volgens die polisie het die getremde atleet en sy meisie so hard begin stry in haar laaste ure dat sy bure gehoor het “hulle skree en skree”, berig die Daily Mail.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.