Oscar ‘n ‘buierige pes’, geen teken van kolf

Deel op

Cecil Myers, die pa van ‘n vriendin by wie die vermoorde Reeva Steenkamp in Johannesburg gewoon het, het gesê hy het Pistorius as “baie buierig” ervaar en die model het gevoel sy is ingehok, berig die Daily Telegraph.

“Baie gaaf en sjarmant toe hulle begin uitgaan het. En hy het altyd ingekom om hallo te sê. Maar toe hulle begin het om vas uit te gaan, het hy haar net afgelaai en opgelaai.

“Dis nie reg nie. Ek noem dit respek. As jy in ‘n verhouding is en jy laai die “dogter” van die huis op, kom ten minste in en sê hallo.” Na die tweetjies se eerste afspraak het Pistorius “haar nie uitgelos nie,” het mnr Myers gesê.

“Hy het aangehou om haar te verpes, en haar gebel en gebel en gebel. Oscar was haastig en ongeduldig en baie buierig – dit is my indruk van hom.

“Sy het vir my gesê hy druk haar ‘n bietjie in ‘n hoek Sy voel ingehok. Ek het vir haar gesê ek sal met hom praat. Ek het vir hom gesê hy moet homself nie op haar afdwing nie.

“Hy het ingestem, maar sy gesig het vir my gewys wat hy dink: ‘O, hierdie man praat nonsens’.”

Myers beskryf sy woede toe hy oor Reeva se dood gehoor het, en dat dit Pistorius was wat haar doodgemaak het.

“Sy was my meisiekind, en hy het haar vier keer van agter ‘n geslote deur geskiet. Een skoot kon ‘n fout gewees het – maar vier keer,” het hy gesê.

“Ek het ‘n drukkery-onderneming, en ek het groot, geraamde foto’s van Oscar en myself Ek het hulle almal stukkend geslaan. Ek wil nie iets van hom weet nie.

“Mense sal nou wegbly van hom. Vroue ook, hulle sal te bang wees, geen meisie wil haar ‘n gat afgeskiet hê nie. En as my dogter saam met hom wil uitgaan, sal die papaja die spreekwoordelike waaier tref.”

Myers het gesê hy het besluit om met die Britse koerant te praat, want “oral waar jy gaan, is dit net Oscar, Oscar”.

“Maar Reeva was die slagoffer, haar stem moet ook gehoor word. Mense moet weet wat Reeva Steenkamp was,” het hy gesê.

Oscar Pistorius het Reeva Steenkamp by ‘n vriend se verlowingspartytjie in Januarie ontmoet.

Die polisie het Myers, sy dogter, Kim, en sy seun, David, gevra om Steenkamp se liggaam formeel te identifiseer die oggend toe sy vermoor is.

“Ons het na haar gekyk deur ‘n glasvenster Sy was … jy weet … die manier waarop iemand lyk wat geskiet is … Die polisie het probeer om dit makliker vir ons te maak,” het hy gesê.

Hy het nie Steenkamp se beserings verder beskryf nie. Polisie het Sondag berigte ontken dat Pistorius ‘n krieketkolf gebruik het om sy meisie aan te rand voor hy haar geskiet het.

Myers, wat Steenkamp se liggaam geïdentifiseer het, het aan die Daily Telegraph gesê hy is “verras” deur verslae dat sy met ‘n krieketkolf aangerand is.

“Toe ek Reeva geïdentifiseer het, het ek geen aanduiding daarvan gesien nie,” het hy gesê. “Die eerste wat ek daarvan geweet het was toe ek dit gelees het in die koerante. Ek weet nie waar dit vandaan kom nie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.