Media versprei inligting van Pistorius-‘ondersoek’

Deel op

Die polisie ontken dat hulle belangrike inligting oor Oscar Pistorius se moordsaak laat uitlek het.

NUUT!

“Ek weet nie waar mense aan hierdie stories kom nie,” het lt.kol. Katlego Mogale aan Sapa gesê.

Mogale het verwys na ‘n sekere berig wat in koerante verskyn het.

City Press het berig bronne na aan die polisieondersoek het aan die koerant gesê ‘n bebloede krieketkolf is in die atleet se huis gevind.

Die berig het ook melding gemaak van ‘n oproep wat die sportheld vroegoggend aan sy pa gemaak het.

Pistorius word van die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, aangekla nadat sy op Valentynsdag in sy huis doodgeskiet is.

Intussen het die nasionale vervolgingsgesag geëis dat die media-bron geïdentifiseer word.

Medupe Simasiku, woordvoerder van die NVG, sê die koerant “moet bevestig waar hy die inligting gekry het.”

Volgens die woordvoerder word dié uitlek van inligting “baie ernstig” opgeneem, en dat ‘n ondersoek van stapel gestuur is om uit te vind wie die inligting aan die media verskaf het.

Simasiku sê die NVG het geen inligting ontvang soos wat in die koerant gepubliseer is nie.

Sy het bygevoeg dat die inligting wat uitgelek is verkeerd kan wees.

Фильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.