Pistorius ‘n ‘mallerige wapen-entoesias’

Deel op

Foutiewe, vroeëre verslae oor die “inbreker” by Oscar Pistorius se huis het glo uit die Afrikaanse pers, spesifiek Beeld, gekom.

Sommige polisiebronne bevraagteken hoe Paralimpiese kampioen Oscar Pistorius ooit toegelaat kon gewees het om ‘n vuurwapen te besit, gegewe sy geskiedenis van huishoudelike geweld, in die nasleep van die nuus dat hy vir die moord op model Reeva Steenkamp Donderdagoggend aangekla is.

Die staat beplan om borgtog teen te staan.

Ooggetuies het intussen na vore getree om te praat. Wat eers veronderstel was om ‘n geval van verkeerde identiteit te wees, is nou moord.

‘n Senior polisiebeampte het met verbasing gereageer toe hy hoor van berigte dat Pistorius sy vriendin Reeva Steenkamp by sy Silver Lakes-huis in Pretoria geskiet het. Hy het gesê dat “Blade Runner” moes nooit toegelaat gewees het om ‘n vuurwapen te besit met sy geskiedenis van huishoudelike geweld nie.

In terme van die Wet op Gesinsgeweld, moes Pistorius se vuurwapenlisensies heroorweeg gewees het, sê die beampte.

Die nuus van Pistorius se voorliefde vir wapens het internasionaal weerklink in ‘n klimaat wat toenemend teen wapenbesit vir individue draai weens die talle onlangse skietvoorvalle by openbare plekke, ook skole, in die VSA

In 2009 het Pistorius ‘n nag in polisie-aanhouding deurgebring toe hy in hegtenis geneem is op aanklagte van aanranding van ‘n 19-jarige vrou in dieselfde huis as die een waarin Steenkamp gesterf het. Hy is op ‘n Saterdagaand in hegtenis geneem nadat hy na bewering Cassidy Taylor-Memmory aangerand het.

Pistorius het gesê dat Taylor-Memmory in ‘n argument met sy vriendin betrokke geraak het en hy het haar gevra om die huis te verlaat. Volgens hom, is sy beseer toe ‘n houtbalk op haar been geval het toe hy die deur toegemaak het.

In November verlede jaar het die Star berig dat ‘n klag van laster teen Pistorius gelê is nadat hy klag van intimidasie teen die voormalige sokkerspeler, Marc Batchelor gelê het.

Volgens die verslag, het Pistorius ontdek dat sy meisie hom verneuk het met ‘n vriend van Batchelor, terwyl hy in Londen was vir die Olimpiese Spele en die Paralimpiese Spele. Die man wat na bewering betrokke was, is mynmagnaat en vervaardiger van die TV-reeks Clifton Shores Quinton van der Burgh.

In ‘n artikel onder die opskrif “The Fast Life of Oscar Pistorius” het Michael Sokolove van The New York Times Pistorius se voorliefde vir vuurwapens beskryf. Die atleet het Sokolove selfs na ‘n skietbaan geneem en hom aangemoedig om meer te oefen. “Ek dink jy kan nogal gevaarlik wees,” het Pistorius aan hom gesê.

Jonathan McEvoy van Daily Mail het insgelyks ‘n prentjie geskets van ‘n paranoïese man in ‘n stuk getiteld “Inside Oscar’s bedroom: One cricket bat, baseball bat, revolver and machine gun”. Volgens McEvoy slaap Pistorius met ‘n masjiengeweer neffens hom en is hy selfs bang vir die hekwagte van die Silver Woods-landgoed in Pretoria waar hy woon.

Pistorius het verlede jaar getwiet: “Daar is niks soos om by die huis te kom terwyl die wasmasjien aan is en die geluid vir ‘n inbreker te misgis nie. Ek was oorgehaal vir ‘n geveg in die spens.”

Sowel Sokolove as McEvoy het Pistorius beskryf as ‘n “waaghals” wat “meer as ‘n bietjie mal” is met ‘n “ongewone temperament”.

‘n Nike-advertensie met die frase “I’m The Bullet in The Chamber” is van Oscar Pistorius se webwerf afgehaal na die moord op sy vriendin.

Die advertensie toon die Suid-Afrikaanse kampioen wat uit die wegspringblokke spring.

“Dit is ‘n baie ongelukkige storie en dit word nog ondersoek,” sê Seruscka Naidoo, Nike se Suid-Afrikaanse woordvoerder. “Ons sal nie enige besluit neem totdat ons hoor van Oscar of sy agent nie.”

Die atleet het Beeld vroeër verhoed om foto’s van hom op die N4-hoofweg in Pretoria in Maart vanjaar te neem, toe ‘n vriendin van hom in ‘n ongeluk betrokke was.

‘n Vrou het op die toneel van die ongeluk gesterf omdat sy glo voor Anneke Kruger se aankomende motor beland het.

Kruger werk vir In/sight, die maatskappy wat Pistorius se sakebelange bestuur.

‘n Omstander wat Pistorius gevra het  waarom die fotograaf nie foto’s mag neem nie, is meegedeel: “Oom, ek is Oscar Pistorius.”

Александр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.