Akademiese transformasie in Brasilië

Deel op

Toe ek in die vorige eeu in Brasilië (hoofsaaklik in die stede Rio de Janeiro, Sao Paulo en Santos) was, het ek die indruk gekry dat swartes in die meerderheid was. Daarna het ek vasgestel dat hulle in werklikheid amptelik ‘n minderheid was. Daar is ‘n substansiële nie-swart (bv Europese) teenwoordigheid in Brasilië. Dit maak die ekonomiese vooruitgang van die land verklaarbaar. Byvoorbeeld, Brasilië is een van die Brics-lande.

Maar ‘n mens moet in gedagte hou dat swartes dikwels geneig is om (1) nie volgens die reëls te handel nie, bv nie aan ‘n sensus deel te neem nie, en (2) vinniger as ander etniese groepe aan te was. Ek was dus nie verbaas nie toe Sara Miller Llana pas bevestig het dat “Afro-Brazilians … make up more than half of the nation’s population.” In hierdie berig word later gesê dat volgens die 2010-sensus 51% van die Brasiliaane nie-wit, dus etnies swart of van gemengde afkoms, is. Llana se berig uit die Christian Science Monitor, onder die opskrif “Brazil’s affirmative action law offers a huge hand up,” word via Yahoo News versprei.

In Brasilië is daar private en staatskole, asook private en staatsuniversiteite. In hierdie private sektore is daar oorwegend wittes, terwyl daar oorwegend nie-wittes in die staatskole is, met wittes tans ook dominant in die staatsuniversiteite.

Soos wat so graag in Amerikaanse publikasies gedoen word, begin die artikel met verwysing na ‘n enkele persoon, in hierdie geval Thaiana Rodrigues. Sy is swart, was in ‘n staatskool en kon nie op akademiese gronde universiteitstoelating kry nie. Die skuld vir haar nie-prestasie word aan iemand anders gegee: “Her anatomy teacher in seventh grade never showed up.” Sy het vier keer om universiteitstoelating aansoek gedoen voordat ‘n staatsuniversiteit weens ‘n kwotastelsel gebaseer op ras haar as student aanvaar het. In 2011 het sy gegradueer; daar word nie genoem na hoeveel jaar nie. Nou beklee sy ‘n betrekking waarin sy van die begin af meer as haar ma verdien.

Die punt wat Llana met hierdie storie wil stel, is dat rasgebaseerde kwotas ‘n goeie ding is. Natuurlik mits dit “marginalized” en “underprivileged” studente is wat daarby baat, dus nie-wittes; afgesien daarvan of hulle die meerderheid of ‘n minderheid is. Llana se poging tot ‘n hartverwarmende vertelling hou nie daar op nie. In Augustus is ‘n regstellende wet aanvaar wat binne vier jaar volledig toegepas moet word. Daarvolgens moet minstens die helfte van die toelatings tot Brasiliaanse staatsuniversiteite sodanige studente afkomstig uit staatskole wees. Die toelatings “will reflect the racial makeup of each state. It’s unique because it is based on local demography.” “‘Without the law, many black students could not get into the system,’ says Rodrigues.”

Llana: “With its new law, Brazil has gone the furthest in the Americas in attempting race-based equality. Not only is the law a state-mandated program, it also attempts to open up the traditional bastions of the elite to all. Quotas are strictly prohibited in the United States, but they have been implemented for race, ethnicity, and gender from the Americas to Europe, from legislatures to corporate boardrooms. But Brazil’s move does not just secure certain spots for minorities [“minorities” in die Amerikaanse sin, waar 14% van die bevolking swart is]: It moves to reflect the racial and socioeconomic reality of the country, and it could ultimately have a major impact on Afro-Latino movements across the Americas.”

Daar was en is nie iets soos segregasie of apartheid in Brasilië nie: “After abolishing slavery, Latin America never implemented the segregation policies of its neighbor to the north [die VSA], and has intermixed racially and ethnically far more than has the US.” Die vraag is dus in hoeverre swart Brasiliaane deur wittes agtergestel is en in hoeverre hulle toestand aan hulle eie onvermoë te wyte is. “In 2004 the largest percentage of Brazilians who identified as black were categorized as poor.”

Wat hier gebeur, is dat meriete, dus akademiese bekwaamheid, by universiteitstoelating afgeskaal en ras/etnisiteit van deurslaggewende belang word. Daarmee word akademiese gehalte (wat Russel Botman “uitnemendheid” noem) noodwendig ingeboet. Die gevolg is dat meer grade, maar van laer gehalte, verwerf word. Op hierdie valse grondslag verkry die gepeupel dan toegang tot wat eens elitistiese geledere van hoë gehalte was.

As reaksie teen naziisme is daar sedert die Tweede Wêreldoorlog wêreldwyd, maar veral in die Weste, die neiging om kwalitatiewe verskille tussen mense te ontken en almal gelyk (selfs eenders) te verklaar. In die praktyk is die gevolg dikwels dat die elite weggekalwe en tot die vlak van die gepeupel neergehaal word, pleks van dat die gepeupel tot die vlak van die elite gelig word. In hierdie agteruitgang van standaarde speel oordrewe demokratisering (die toekenning van ongekwalifiseerde stemreg/inspraak aan almal) ‘n groot rol.

Die artikel wek die indruk dat Brasilië met hierdie wet die verste nog met die aanbieding van gelyke geleenthede aan almal gevorder het. Dat so ‘n wet diskriminerend teen wittes is, dat meriete nie vooropgestel word nie, word egter algemeen ontken of geïgnoreer. Die toelating van nie-wittes op nie-kwalitatiewe gronde tot universiteite en poste word vergemaklik. Terselfdertyd word dit vir wittes bemoeilik. Wittes word dus benadeel, maar bevrydingsteoloë verkies om dit “geregtigheid” te noem.

In werklikheid het die nuwe Suid-Afrika baie verder as Brasilië met sogenaamde gelyke geleenthede “gevorder”. In Suid-Afrika gaan dit nie om 51% van die bevolking te bevoordeel (en potensieel 49% te benadeel) nie, maar om ruim 80% te bevoordeel. Volgens die ANC moet die demografie oral en op alle vlakke weerspieël word. Geen wonder dat daar chaotiese gevolge by dienslewering, veral weens die onbekwaamheid van die posbekleërs, is nie. Ook is daar ‘n skerp afname in die akademiese gehalte van al die universiteite, veral weens die grootskaalse toelating van onbevoegde studente en die aanstelling en bevordering, op grond van etnisiteit en geslag, van minder bekwame dosente.

Олександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.