Intellektuele eienaars van ‘SA, die wonderwerk’ slaags

Deel op

‘n Dosent aan Wits se sakeskool beweer die History Channel het twee van sy akademiese werke gebruik en hom nie daarvoor erkenning gegee nie, berig Saturday Star.

Die dokumentêr, getiteld, The Miracle Rising: South Africa, word Sondag internasionaal uitgesaai.

Dr. Geoffery Heald het aan die koerant gesê sy tesisse “‘Learning amongst enemies: A phenomenological study of the South African Constitutional Negotiations from 1985 to 1988” en “South Africa’s voluntary relinquishment of its nuclear arsenal and accession to the treaty of on the non-proliferation of nuclear weapons in terms of international law” het die grondslag gevorm van die dokumentêr.

Heald het gesê hy het die History Channel in die Verenigde State in 2006 genader met sy werk, waar daar aan hom gesê is om Combined Artists en Brett Lotriet, wat vir ‘n produksiemaatskappy gewerk het, te kontak.

Heald, Lotriet en nóg ‘n vervaardiger Michele Sparkes het toe aan ‘n proeflopie van die dokumentêr gewerk.

Volgens Heald het Combined Artists hom genader om akkreditasie vir sy werk te bespreek, maar hy het aangedring dat sy kopiereg erken word.

Die dokumentêr is in 2011 – sonder sy betrokkenheid – gefinaliseer.

Prokureurs vir Combined Artists het aan die koerant gesê die dokumentêr is oorspronklik.

“Die dokumentêr is ‘n historiese dokumentêr, wat gebaseer is op historiese gebeure wat in die aanloop tot Suid-Afrika se demokrasie plaasgevind het,” het die prokureurs gesê.

Heald, wat nie die finale weergawe van die dokumentêr gesien het nie, het gesê vorige redigerings kan bewys dat sy werk gebruik is.

Hy het die hof genader om te vra dat die dokumentêr tot ‘n herproduksie of verwerking van sy werk verklaar moet word.

topcargo

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.