Skildery uit asblik haal R55 700

Deel op

‘n Skilder van die Bluff in Durban deur die gevierde Kaapse kunstenares Ruth Prowse is gisteraand vir R55 700 deur Strauss en kie tydens ‘n veiling verkoop, nadat die skildery vroeër in ‘n asblik in ‘n Karoodorp gevind is. Die skildery was deel van 102 items wat miljoene rand verdien het.

Van die hoogtepunte tydens die veiling het ingesluiet Stern se Maleiermeisie, wat R11 697 000 gehaal het, gevolg deur die betreklik onbekende Wolf Kibel se Huise met rooi dakke, wat by wyse van spreke deur die dak geskiet het deur sy vorige veilingsrekord van 2009 te verdubbel. Anton van Wouw se volmaakte afgietsel van ‘n Myner met handboor en Maggie Laubser se Portret van ‘n meisie met ganse, het albei goed gedoen deur elk meer as R2 miljoen te haal. Die meer eietydse Figure in ‘n landskap deur Walter Battiss was insgelyks gesog deur R1 949 500 te behaal.

Die aand se veiling het ‘n ongekende R36 miljoen behaal en is aangehelp deur hoë pryse vir Kaapse meubels wat dit op ‘n totaal van R46 miljoen te staan gebring het.

The evening art session totalled a staggering R36 million and was helped along by some impressive prices achieved for Cape Furniture altogether totalling over R46 million.

прокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.