Nuwejaar eis talle in stormlope

Deel op

Die stad van Kaapstad het mense gewaarsku dat hy streng sal optree teen mense wat aan hulle aan misdrywe skuldig maak met vanjaar se Tweede Nuwejaar-vieringe en die Klopse-karnaval, wat in die stad plaasvind.

Die stadsraad het meer as R3 miljoen vir die feesvieringe bewillig, waaraan meer as 13 000 mense en 70 Klopse groepe sal deelneem. Verskeie paaie in die middestad is vir verkeer gesluit, en duisende toeskouers sal na verwagting die verrigtinge bywoon.

Die optog begin op die hoek van Keizersgracht en Tennantstraat en eindig in Rosestraat in die Bo-Kaap.

Tien mense, onder wie vier kinders, is intussen dood en 120 beseer in ‘n stormloop Oujaarsdagaand gedurende ‘n kerkdiens in die Angolese hoofstad, Luanda.

Volgens owerhede is die slagoffers deur ‘n skare mense vertrap nadat slegs twee van die hekke na die Cidadela Desportiva-stadion oopgemaak is.

Sowat 70 000 mense is vir die diens van die Universal Church of the Kingdom of God verwag, maar heelwat meer het opgedaag. Volgens nooddienste het van die slagoffers versmoor.

Die Ivoorkus sal drie dae lank rou nadat ‘n stormloop tydens nuwejaarsvieringe minstens 60 mense se lewens geëis het.

Tientalle ander is beseer toe ‘n groep mense bymekaar gekom het om vuurwerkvertonings in die hoofstad, Abidjan, te geniet.

‘n Fotograaf vir AFP sê talle kinders is in die voorval beseer. Die verslaggewer sê die stormloop het by die stad se stadion plaasgevind.

Volgens amptenare het sowat 50 000 mense saamgedrom om na die vuurwerkvertoning te kyk.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.