‘Groter eenheid binne ANC’

Deel op
Ná ‘n 100 jaar se bestaan is daar ‘n groter eenheid binne die ANC en die party sien uit na die nuwe jaar, het partyleiers in Noordwes Maandag gesê.

“Ons roep die eeufeesjaar van die ANC vaarwel, sonder enige twyfel dat ons beweging oor groter eenheid, meer krag en kohesie beskik,” het Kenny Morolong, ‘n woordvoerder, gesê.

Een van die provinsie se groot prestasies was die verkiesing van vyf van sy lede in die regerende party se nasionale uitvoerende komitee gedurende die verkiesingskongres in Mangaung.

“Hierdie verteenwoordiging is ongeëwenaar. Ons is trots daarop dat diegene wat gekies is, die ANC op alle vlakke gedien het…”

Morolong het gesê die party is ook beïndruk deur die Marikana-kommissie se ondersoek na die dood van 44 mense by ‘n Lonmin-myn in Marikana in die Noordwes.

Die party het oudpres. Nelson Mandela ook ‘n spoedige herstel toegewens by sy huis in Houghton, Johannesburg, ná hy vroeër in ‘n hospitaal in Pretoria opgeneem is.

topcargo отзывы сотрудников

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.