Duitse tydskrif kondig Bush se afsterwe aan

Deel op
Die gerspekteerde Duitse weeklikse nuustydskrif Der Spiegel het per ongeluk ‘n doodsberig van oudpres. George H.W. Bush gepubliseer.

Die onvoltooide berig het Sondag vir enkele minute op die publikasie se webtuiste verskyn voordat dit verwyder is.

Die tydskrif se New York-korrespondent, Marc Pitzke, het die oudpresident as ‘n “kleurlose politikus” beskryf, wie se beeld slegs verbeter het toe dit later met sy seun, George W. Bush, se presidensie vergelyk is.

Bush sr. (88) is op 23 November vir ‘n brongitisverwante hoes in die hospitaal opgeneem. Hy is ‘n maand later na die intensiewesorgeenheid geskuif nadat hy koorsig geraak het.

‘n Familiewoordvoerder sê die oudpresident is die naweek na ‘n gewone hospitaalkamer geskuif nadat sy toestand verbeter het.

Фильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.