Verkeersboetes? Watwou!

Deel op
Slegs ‘n klein aantal Suid-Afrikaners betaal hulle verkeersboetes, luidens berigte Sondag.

Die jaarlikse verslag van die Padverkeersoortredingsagentskap (RTIA) het getoon dat motoriste R1,6 miljard skuld in uitstaande verkeersboetes wat in die Tshwane en Johannesburgse munisipaliteite uitgereik is, het City Press berig.

Volgens die verslag het motoriste in Tshwane en Johannesburg tussen April 2011 en Maart 2012 R980 miljoen se boetes ontvang, maar slegs R86 miljoen se boetes (nege persent van die totale waarde) is betaal.

Tshwane en Johannesburg is die enigste metro munisipaliteite wat deelgeneem het aan die Wet op die Administratiewe Beregtiging van Verkeersoortredings (Aarto) se proeffase.

Uit die 1,8 miljoen boetes wat in die afgelope finansiële jaar in die Johannesburg en Tshwane munisipaliteite uitgereik is, is slegs 251 125 (14%) betaal.

лобановский александр отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.