Outa oorweeg appèl teen e-tol-uitspraak

Deel op
Die Outoriteit Teen Stedelike Tol (Outa) sal Vrydag besluit of hy gaan appelleer teen ‘n beslissing van die hooggeregshof dat die omstrede e-tolstelsel inderdaad sal voortgaan.

“Ons het die uitspraak nagegaan en ons sal môre (Vrydag) met ons regsspan vergader om die pad vorentoe te bespreek,” het Wayne Duvenhage, voorsitter van Outa, Donderdag gesê.

“Ons glo daar is sterk redes om te appelleer.”

Outa het onlangs die hof gevra om ‘n besluit van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) om sekere snelweë in Gauteng as tolpaaie te verklaar, te hersien en ongeldig te verklaar.

Die hof het intussen dié aansoek van die hand gewys.

Pretoria se hooggeregshof het gelas dat die Outa alle regskostes in die e-tolstelsel se hofstryd moet betaal.

Die minister van vervoer sal ‘n aankondiging maak oor wanneer die e-tolstelsel geïmplementeer gaan word.

данильченко юрий брониславович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.