Ramaphosa-benoeming: Joernalis bedank

Deel op
‘n Politieke redakteur van die Independent-koerantgroep het bedank ná ‘n berig in The Star dat die sakeman Cyril Ramaphosa ‘n benoeming vir adjunkpresident van die ANC geweier het.

“Ek het nie gehelp om die storie te skryf nie,” het Gaye Davis Dinsdag gesê.

“Ek het egter Sondagaand inligting van mnr. Ramaphosa ontvang – wat die teendeel is van wat die berig sê. Hy het sy benoeming aanvaar en ‘n vorm onderteken,” het sy in ‘n verklaring aan Sapa gesê.

Davis het bedank om haar te distansieer van The Star se berig.

“Eties glo ek nie ek kan myself distansieer van ‘n storie terwyl ek in diens is van die Independent-koerantgroep nie,” het sy gesê.

Sy glo haar geloofwaardigheid as joernalis sal ongeskonde bly as sy bedank.

Davis het aan die skrywer van die berig gesê Ramaphosa het bevestig dat hy die benoeming gaan aanvaar, maar daar is aan haar gesê The Star staan by hul storie. Daar is ook gesê ander redakteurs in die groep kan hul eie oordeel maak.

“Ek het met die ander oggendredakteurs van die groep gekommunikeer, wat die nodige stappe gedoen het en nie die storie in sy oorspronklike vorm gepubliseer het nie.”

Tony Howard, hoof- uitvoerende beampte van die groep, het gesê hy het pas van die bedanking uitgevind en kan nie kommentaar lewer nie.

Davis is sedert Oktober 2008 die adjunk-politieke redakteur van die groep. Sy het gesê sy het Ramaphosa gekontak en hom in kennis gestel van haar besluit om te bedank.

Данильченко Юрий Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.