ANC lê klag van aanhitsing teen Zille

Deel op
Die ANC in die Wes-Kaap het Woensdag ‘n klag van aanhitsing tot geweld teen die premier van die provinsie, Helen Zille, gelê en voer aan dat sy die onlangse onluste in die Wes-Kaap aangeblaas het.

Songezo Mjongile, provinsiale sekretaris van die ANC in die Wes-Kaap, Pierre Uys, provinsiale hoofsweep en Pat Marran, die party se voorsitter in die Boland, het die klag Woensdagmiddag ‘n polisiestasie in Kaapstad ingedien.

Die gewelddadige betogings, wat in De Doorns begin het, het tot grootskaalse saakbeskadiging en die dood van twee mense gelei.

Die ANC het Zille gekritiseer vir haar optrede en uitlatings op sosiale netwerke tydens die onluste.

Zille het glo op haar Twitter-profiel getweet dat die betogings deur skeuring tussen seisoenale werkers van Lesotho en Zimbabwe aangevuur is.

Die ANC voer aan dat Zille ook gesê het dat ‘n politieke agenda die oorsaak van die betogings was.

Zak Mbhele, Zille se woordvoerder, sê die premier is nie skuldig aan aanhitsing nie.

“Niks wat die premier oor De Doorns gesê het was aanhitsing nie. Sy het bloot die feite van die situasie weergegee.”

Intussen het Cosatu in die Wes-Kaap die ANC en opposisiepartye gevra om ‘n mosie van wantroue teen Zille in te stel.

Данильченко

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.