Franse kla dat VSA op Sarkozy spioeneer

Deel op
Die Verenigde State het VSA-Israeliese spioenasie sagteware gebruik om in die Franse presidensiële kantoor in te breek vroeër hierdie jaar, het die Franse kuberoorlogagentskap bevestig, volgens die nuustydskrif L’Express.

Die tydskrif het laat Dinsdag berig dat die rekenaars van ‘n paar intieme adviseurs van die voormalige president Nicolas Sarkozy – insluitend die Hoof van Personeel Xavier Musca – gekompromitteer is in Mei deur ‘n rekenaarvirus wat die kenmerke van Flame dra. Flame is na bewering geskep deur ‘n VS-Israeliese span om Iran se kernprogram te teiken. Anonieme Franse amptenare wys die vinger na die Verenigde State.

“Jy kan op baie goeie terme met ‘n “vriendelike” land wees en nog steeds hulle onwrikbare ondersteuning wil verseker – veral tydens die oorgangsperiode,” het ‘n amptenaar aan die tydskrif gesê. Die beweerde spioenasieaanval het plaasgevind ‘n paar dae voor die tweede ronde van die Franse presidensiële verkiesings, wat Sarkozy teen Francois Hollande, ‘n Sosialis, verloor het.

Die sekretaris vir binnelandse veiligheid van die VSA Janet Napolitano het nie die berig ontken oor die bewerings toe sy direk daaroor uitgevra is nie.

“Ons het geen groter vriend as Frankryk nie, ons het geen groter bondgenoot as Frankryk nie,” het Napolitano glo geantwoord, tydens ‘n onderhoud met l’Express. “Ons werk saam in baie veiligheidsverwante gebiede. Ek is hier om dié bande te versterk en nuwes te skep.”

In die onderhoud, het Napolitano ook gesê dat die Flame en Stuxnet virusse “nog nooit gekoppel is aan die Amerikaanse regering nie.”

Die Withuis het ‘n versoek vir kommentaar geweier.

Данильченео

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.