Grondwethof die hoogste hof

Deel op

‘n Langverwagte verandering aan die Grondwet wat die Konstitusionele Hof as die hoogste hof in die land bevestig, is deur die Parlement aanvaar.

Die 17de grondwet-wysigingswetsontwerp is met 276 stemme teen 25 aanvaar, ondanks besware deur Cope en die IVP. Ingevolge die wysiging is die hoofregter die hoof van die regbank, wat aanspreeklik is vir die geregtelike funksies van die howe.

Dié bepaling is verwelkom deur die DA wat sê dit skep ‘n onafhanklike regbank soos wat vereis word vir die skeiding van magte. Die status van die Appèlhof as appèlhof vir algemene sake, is ook bevestig.

Данильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.