Obama, die oordeel van God?

Is die verkiesing van Barack Obama as president van Amerika een van die nege vloeke is wat Amerika gaan tref? Rabbi Jonathan Cahn, ‘n messiaanse Christen-Jood van New York, skryf in sy omstrede boek “The Harbingers”, van die nege vloeke wat Amerika gaan tref, analoog aan die nege vloeke wat Israel getref het, na die Assiriese inval.

Dit is 11 September 2001. Die Twintowers lê in ‘n hoop rommel. In die Senaat lewer Tom Daschle ‘n uittartende toespraak, waarin hy verklaar dat Amerika sal opstaan uit die rommel. Op die terrein krap iemand tussen die stof en steen. Daar lê ‘n Bybeltjie op ‘n spesifieke hoofstuk oop. Dit is die hoofstuk oor die toring van Babel. Ook Babel was ‘n daad van uittarting.

Nie ver van die verwoesting nie, is die kantoor van die legendariese rabbi Jonathan Cahn. ‘n Messiaanse Christen-Jood. Cahn, soos Cohen of Cohn is almal name wat dui op Levitiese verwantskap. In die tyd van Aaron is aan die Leviete die taak opgelê om in die Tempel te werk. Wanneer die Tempel weer herbou gaan word, en daar word bespiegel dat die Israeliregering reeds ver met sodanige planne gevorder het, sal die Leviete weer die funksie vervul van die Tempelpriesters.

Cahn slaan daagliks die opruiming van die rommel gade. Op ‘n dag word ‘n enorme twintigton reghoekige graniet rots na Ground Zero gebring, met die volgende woorde, gegraveer met die datum 4 Julie 2004, van goewereur George Pataki daarop:

“Today, we, the heirs of that revolutionary spirit of defiance, lay this cornerstone and unmistakingly signal to the world the unwavering strength of this nation, and our resolve to fight for freedom.”

Dit blyk dat die Noordelike toring ‘n vyeboom aan die voet daarvan platgeval het. Die stam en wortels van hierdie eens magtige boom is later in gietyster vir die nageslag bewaar en word iewers in die nuwe struktuur ten toon gestel.

Rabbi Cahn merk verstom op, dat ‘n enorme sipres – bekend as die Arrazboom in Israel – met ‘n hyskraan tot in die gat van die vernietigde vyeboom geplant word.

In sy eie woorde skryf Cahn:

“… as I was standing at the edge of Ground Zero, I came across the first puzzle of an ancient biblical mystery and a prohetic message known as “The Harbinger” — which concerns the future of America.”

Met Harbinger bedoel Cahn goddelike tekens wat op God se oordeel oor Israel en nou ook Amerika dui. In Jesaja 9:7-10 staan, vryvertaal, geskrywe:

“Die HERE het ‘n boodskap gestuur vir … Israel. Die hele volk … wat so trots en selfversekerd is, moet dit weet. Hulle (die leiers) sê: ‘Die huise van roustene is wel deur die Assiriers omgestoot, maar ons sal met gekapte klip dit herbou; die wildevyebome is wel afgekap, maar ons sal dit met seders vervang.'”

Dit is duidelik dat God van Israel onderhorigheid verlang het en nie uittarting, “defiance”, nie. Dit is wanneer die volk van God getrou aan God is, dat die beskermende hand van God oor Sy volk sal wees.

Verstommend verstaan Amerikaanse leiers die teks hoegenaamd nie en haal goewerneur Pataki en die burgemeester van New York in toesprake na 9/11 die teks buite konteks aan, in dieselfde gees van uittarting, “defiance”, soos die destydse leiers van Israel. In hierdie opsig is Israel van ouds ‘n prototipe van die VSA van vandag. In beide Israel en die VSA se ontstaan is die soewereiniteit van God erken.

Beide in Israel en in die VSA is die religieuse wortels van hul volksbestaan later stelselmatig vergeet en selfs ontken. Cahn verwys na verskillende voorbeelde in die VSA:

·Die bekende begrippe “God bless America!” word al hoe minder en minder gebruik.

·’n Regter van Kalifornie beslis dat die woorde van Abraham Lincoln “that this nation, under God, shall have a new birth of freedom” ongrondwetlik is.

·Barack Obama spreek die Huis van Verteenwoordigers toe en laat die woord “Creator” weg uit die frase “that men are endowed by their Creator with certain inalienable rights”.

·In die 2012 verkiesing is ‘n lesbiese dame tot Senator verkies en haar plek in die Huis van Verteenwoordigers deur nog ‘n lesbiese dame vervang.

·Met die New Yorkse aandelebeurs se ineenstorting was die punte op die beurs merkwaardig 777 laer as voorheen.

Bogenoemde inligting laat die bekende evangelis Sid Roth vra of dit moontlik is dat hierdie ooglopende parallelle tussen Israel van ouds en die VSA van vandag dui op ‘n oordeel van God wat tot ‘n kataklisme gaan lei.

Merkwaardig is die ontsettende skade wat die vulkaan Sandy aan Amerika aangebring het, op dieselfde tydstip van die verkiesing. Merkwaardig is dit dat Barack Obama tydens sy eerste twee-gesprek met Romney eintlik verstommend swak gevaar het. Hy was glo nie homself nie. In elke debat het Romney uitstekend gevaar, maar desondanks het Barack Obama die pyp gerook. Is dit gepredestineerd, om Amerika ten gronde te rig, om Amerika sy status in die internasionale range van volkere te laat verloor? Is dit Barack Obama se rol?

Tyd sal leer!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.