Fanie Olivier vaar uit teen skrywers en ‘Christelike orrelmusiek’

Fanie Olivier
Deel op

Fanie Olivier‘n Groepie ANC-gesinde skrywers het vanweë die omstredenheid rondom Pretoria se naam, ‘n aanval op die skrywersorganisasie “Pretoria-PEN” geloods en met Afrikanerfobiese amptenare in Londen saamgewerk om dié vereniging verdag te maak. Verlede maand het die digter Fanie Olivier, asook die skryfsters Sonja Loots en E.K.M. Dido hulle as verteenwoordigers van Pretoria-PEN tydens die jaarvergadering van PEN Internasionaal in Gyeongju, Suid-Korea voorgedoen en daar gevra dat die naam van die verening na “PEN Afrikaans” verander moet word.

Volgens dr. Dan Roodt, voorsitter of president van Pretoria-PEN, “wil dit voorkom asof Olivier saamgesweer het met ‘n Afrikanerfobiese amptenaar van PEN Internasionaal in Londen om ons te benadeel en verdag te maak. Tans is ons nog in die duister oor presies wat gebeur het, maar ons gaan sorg dat alle inligting tot ons beskikking gestel word.”

Tydens ‘n vergadering vanjaar op 7 Maart 2012 wat te Stellenbosch gehou is, het Olivier geïmpliseer dat Christene, asook diegene wat na orrelmusiek, synde Christelik van oorsprong, luister, nie by PEN welkom is nie. Ander skrywers op Stellenbosch wat in Olivier se dampkring verkeer, het hierdie stellings onder honende gelag beaam.

Roodt meen egter dat so ‘n houding oor Christelikheid en orrelmusiek “strydig met die handves van PEN Internasionaal is. Dié internasionale organisasie is juis gestig om dialoog wêreldwyd tussen skrywers aan te moedig, wat van kultuur, taal en geloof mag verskil. Die PEN-handves verklaar juis: ‘Lidmaatskap van PEN is oop vir alle gekwalifiseerde skrywers, redakteurs en vertalers wat hulle by dié beginsels neerlê, ongeag hul nasionaliteit, etniese afkoms, taal, kleur of godsdiens.’ Deur teen PEN-lede te diskrimineer op grond van godsdiens of voorliefde vir Westerse musiek, oortree Olivier die PEN-handves.”

Fanie Olivier, wat as ‘n “Bantoestan-intellektueel” bestempel word, vanweë sy jare lange verbintenis met die Universiteit van Venda, probeer sedert verlede jaar in Oktober met die hulp van die skrywers John Miles en Piet Haasbroek om Pretoria-PEN “oor te neem”. Sowel Miles as Olivier was in Julie 1989 deel van ‘n afvaardiging van skrywers wat in Dakar met die destyds verbode ANC oor ‘n “Suid-Afrikaanse kulturele identiteit” gaan praat het. Van die skrywers wat tans in die Kaap vir lidmaatskap van die “gekaapte” PEN-organisasie gewerf word, is heelwat van die oorspronklike “Dakar-gangers” soos André P. Brink, Antjie Krog en Marlene van Niekerk.

Lede van Pretoria-PEN sluit, benewens Dan Roodt en sy vrou, Karin, ook Fransi Phillips, Annelie Botes, Steve Hofmeyr en die filolosoof en voorsitter van die FAK, Danie Goosen, in. Daar word vermoed dat Olivier, Miles en Haasbroek negatiewe publisiteit in die koerante van Naspers/Media 24 oor Roodt, Hofmeyr en Botes aangewend het om Pretoria-PEN internasionaal verdag te maak. Volgens Dan Roodt “verteenwoordig dit ‘n verdere oortreding van die PEN-handves, omdat skrywers veronderstel is om vedraagsaam teenoor mekaar se ideologiese of politieke standpunte te wees”.

Annelie Botes, een van die gewildste skryfsters in Afrikaans, se mees onlangse manuskrip is by Tafelberg afgekeur vanweë ‘n uitspraak wat sy in November 2010 tydens ‘n onderhoud met Rapport gemaak het, naamlik dat sommige “swartmense haar bang maak”, vanweë die hoë graad van geweld wat in Suid-Afrika gepleeg word. Hierna het ‘n aantal Stellenbosse akademici haar hewig aangeval en as “rassis” uitgekryt.

In ‘n omsendbrief aan lede van Pretoria-PEN, het Roodt gesê: “Die meeste van ons voel ons moet assosieer omdat ons eie vryheid van spraak op een of ander manier bedreig word. Mense soos ek, Steve Hofmeyr of Annelie Botes is al by verskeie geleenthede aangeval of uitgekryt vanweë redelik banale dinge wat ons gesê het. As dit van sekere mense of instansies afhang, sal ons seker geheel en al stilgemaak word.

“Ek glo ook dat ons groep veel nader aan die suiwer tradisie van die Afrikaanse letterkunde is as die ander groep in die Wes-Kaap. Onlangs het ek André Brink se nuwe boek Philida onder oë gehad en dis regtig so ‘n stereotipe voorstelling van die bose Afrikanerslawe-eienaar iewers in die vroeë negentiende eeu dat dit vir my soos propaganda lees. Natuurlik sal ‘n klompie liberale Britse joernaliste en resensente wat in elk geval jeens ons bevooroordeeld is, dit ophemel. Want dit is uiteindelik die sin van so ‘n oefening: die skrywer as huursoldaat, om die politieke doelwitte van Groot Brittanje of die ANC of ‘n ander entiteit daarbuite te dien.”

Roodt het diegene wat Pretoria-PEN aanval, tot ‘n openbare en intellektuele debat uitgedaag en gesê: “Ons gooi die handskoen neer teenoor die Kaapse onverdraagsames en daag hulle tot ‘n openbare debat uit, omdat dit hier ook gaan oor grondliggende filosofiese en literêr-teoretiese kwessies. Nie dat hulle die uitdaging sal aanvaar nie, want enersyds is agterbaksheid en kruipery hul styl en andersyds vrees hulle om hul intellektuele middelmatigheid en onkunde teenoor ons en teenoor die publiek te openbaar.”

Фільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.