Horings, ‘n probleem wat groei

Deel op

Dit is nog nie eens die einde van Oktober nie en daar is al 455 renosters hierdie jaar in Suid-Afrika doodgemaak vir hulle horings – agt meer as die einde van 2011.

Van hierdie is 272 renosters in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gestroop. Dié syfers is vandag deur die Department van Omgewingsake bekendgemaak.

Ondersoekspanne het reeds 207 vermeende stropers gearresteer, waarvan 179 die stroopwerk gedoen het, 10 ontvangers van die horings was en 18 dit vervoer het.

‘n Veearts waarmee praag.co.za gesels het, sê dit wys hoe min die geldinsamelingsaksies beteken vir die diere se veiligheid. Hy het gesê die publiek moet sulke skenkings vermy, want dit lei na niks.

Die werklike probleem is ‘n politieke een, se die diere-arts. Omdat daar geen politieke wil bestaan om winste uit renosterhoring te bekamp nie, amptenare uiters omkoopbaar is en die minister van toerisme nie ‘n vinger sal lig om die in te gryp in die Krugerwildtuin nie, sal die probleem aanhou groei, meen hy.

прокурор харьковской области

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.