Zuma pleit dat werkers terugkeer werk toe

Deel op
President Jacob Zuma het met verwysing na Suid-Afrika se arbeidskrisis Woensdag ‘n oproep aan die stakende mynwerkers gedoen om terug te keer werk toe en gevra dat maatskappyvoorsitters hul salarisse vries, te midde van maande van industriële onrus en bloedvergieting wat dreig om die land se ekonomie te ontspoor.

Na byna vyf uur agter geslote deure met sake- en arbeidsleiers, het Zuma gevra dat tienduisende werkers wat onwettig staak, terugkeer werk toe.

“Ons doen ‘n beroep op werkers wat met onbeskermde stakings besig is om terug te keer om so gou as moontlik sodat die produksie in die mynbedryf genormaliseer word,” het hy gesê.

“Geweld en intimidasie moet tot ‘n einde kom. Dit het geen rol in ons stelsel nie.”

In ‘n poging om werkers tegemoet te kom, het Zuma ook maatreëls aangekondig om myndorpe te ontwikkel en ‘n beroep op senior sakelui gedoen, asook die regering, om salarisverhogings en bonusse vir volgende jaar te vries.

Dat hy gesê dit sal ‘n “sterk verbintenis om ‘n billike ekonomie op te bou” kommunikeer.

Zuma het daarop aangedring dat “die frustrasies en uitdagings wat duidelik geword het tydens die protes en die legitieme griewe aangespreek sal word”.

Hy behuisingsbehoeftes, druk op lone wat veroorsaak word deur hoë vlakke van persoonlike skuld en loonverskille geopper “wat sosiale kohesie onder Suid-Afrikaners” belemmer.

Zuma se kommentaar is die regering se eerste beslissende stap om die wydverspreide onrus te stop.

Volgens die politieke kommentator Moeletsi Mbeki, het die polisiemoorde op 34 platinum-mynwerkers by Marikana op 16 Augustus die regering se geloofwaardigheid vernietig en werkers sal waarskynlik nie ag slaan op Zuma se versoek nie.

“Hulle is in geen posisie om te bemiddel nie,” het Mbeki gesê, die jonger broer van die voormalige Suid-Afrikaanse president Thabo Mbeki. “Hulle moes nooit geweld teen die mynwerkers gebruik het nie, want dit het die posisie van die werkers verhard.”

Industriële verhoudings is ‘n taai onderwerp wat belaai is met politieke en ekonomiese gevare vir Zuma, omdat hy sowel beleggers as linkses, kommuniste en vakbondlede in sy regerende koalisie moet gelukkig hou.

“Die regering is ‘n groot begunstigde van die mynbedryf in Suid-Afrika in terme van die belasting wat hulle kry van die mynbedryf,” het Mbeki gesê. “Hulle sien hoe verloor hulle belasting en harde valuta verdienste.”

Die groot toets vir die myne sowel as Zuma sal Donderdag wees, wanneer daar ‘n sperdatum vir soveel as 15 000 Gold Fields se werknemers is om terug te keer of om ontslag in die gesig te staar.

данильченко юрій броніславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.