Bantoesprekers het apartheid geskep

Deel op

Die verkeerde persepsie het tot ‘n stereotipe gelei dat dit die beleid van die Voortrekkers was wat die swart bevolkings van Suid-Afrika etnies verdeel het.

Tewens, as met apartheid bedoel word die desentralisasie van stamme in verskillende (mekaar uitsluitende) tuislande/gebiede, dan is dit die Bantoesprekende etniese groepe van Suider Afrika self wat die vaders van apartheid is.

Die migrasie van die swart stamme uit Sentraal-Afrika word afdoende deur geologiese bewyse asook genetiese studies gesubstansieer. Die migrasie van die swart stamme van Suider-Afrika vanaf Gaboen, die Kongo en Angola het suidwaarts beweeg en eers Suid-Afrika 300 nC bereik.

Twee groepe het verskillende migrasieroetes gevolg:
• die Nguni (Xhosa-, Zoeloe- en Swazistamme) wat hulle aan die ooskus van Suid-Afrika gevestig het; en
• die Sotho/Tswanas wat hulle in die omgewing van die huidige Lesotho en Botswana gevestig het.

Die eerste kontak van die Xhosas met die Trekkerboere by die Oos-grens was eers in die 18e en 19e eeu.

In die huidige KwaZoeloe was die groot Mtetwa-stam in ‘n oorlewingstryd met die kleiner Ndwandwe gewikkel. Die Ndwandes het by die geveg van Mhlatuze die oorhand oor die Mtetwas gekry toe Zwide in 1818 vir Dingiswayo gedood het.

Sjaka wat die militere beheer van die enkele klein Zoeloestam oorgeneem het, het uiteindelik ‘n groot aantal stamme probeer oorneem, wat weer gelei het tot die Mfecane of massaverhuising of -vlug van stamme, waaronder die Matabeles, tot sover as die huidige Zimbamwe.

In Zoeloeland is Sjaka deur sy half-broer Dingane gedood en is Dingane, met die hulp van die Natalse Voortrekkers, deur Mpande gedood.

Wat ons dus nou ken as die etniese volkstate van Lesotho, Swaziland en Botswana asook die etniese TBVC-state onder dr Hendrik Verwoerd (Transkei, Ciskei, Venda en Ciskei) is die resultaat van gesegregeerde apartheid van die swartes self en kan nie die blankes ten laste gele word nie. Die beleid van die destydse NP was om gewoon staatkundige erkenning te gee aan die diversiteit van onderling strydende swart etniese groeperinge.

лобановский александр игоревич класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.