Afrikaners en die buiteland

Deel op

Met belangstelling het ek van die menings op u webblad kennis geneem. Dit is duidelik dat Afrikanereenheid steeds 'n byna onmoontlike doelstelling is, dat misdaad en die stryd daarteen die denke oorheers en dat Afrikaners in hul geboorteland om regmatige erkenning moet stry.

Nie 'n enkele van hierdie sake interesseer buitelanders ook maar vir een oomblik nie. Ja, die media gee hier en daar aandag aan die agteruitgang van Afrika maar altyd teen die agtergrond van "die resultaat van apartheid, verdrukking van swartes, die gevolge van slawerny en diskriminasie in die verlede." Baie Afrikaners praat uiteindelik maar mee in die koor.


Dit is opvallend dat ook diegene wat Afrika ken (dit behoort tog veral Afrikaners te wees nie waar nie ?) geen duidelik gemotiveerde en omlynde verklaring vir die geweldskultuur en misdaadeskalasie in Suid-Afrika maar ook die hele swart Afrika, gee nie. Die lied van die bogenoemde koor kry geen teëgeluid nie. Bly die "apartheid, diskriminasie, uitbuiting, kolonialisme, slawerny" koor die botoon sing, dan het die Afrikaner by name verloor, heeltemal verloor en sal hy altyd met die gevolge van sy politieke verlede gekonfronteer bly. Vanuit propaganda oogpunt gesien wen die ANC en Mbeki steeds.

Dat die res van die wêreld Afrika afgeskryf het is bekend. Weinig stel belang om die toestand te vebeter. Afrika moet homself met sy eie skoenveters oplig.

Vanuit die buiteland gesien (waar ek woon) is Afrika 'n enigma en die Afrikaners 'n onbeduidende tragiese oorblyfsel van 'n tydperk. Die oomblik as hierdie besef tot 'n mens deurdring dan emigreer jy – soos baie Afrikaners dan ook doen. Dit is 'n geldige en waardevolle antwoord op 'n oorlewingsprobleem wat in werklikheid soos 'n swart afgrond lyk.

Deel op
Praag hou hom besig met Afrikaners wat in Afrika wil bly. Dit is ook 'n regverdige opsie. Soos sake nou staan is dit jammer genoeg, 'n doodlooppad. Die swart meerderheidsregering gee nie om nie en die buiteland kyk anderkant toe (die blankes kry hulle verdiende loon.)
 
Daar is egter 'n benadering wat wel ruimteskeppend is. As die Afrikaners en hulle organisasies binne die RSA hulle samewerking of samesprekings met 'n falende regering stop en hulle oë rig op daar waar hulle belange werklik lê, kan dit anders. Bemark uself as die mense wat weet hoe om Afrika te verstaan en te hanteer. Stel uself op as Westerlinge – wat die Afrikaners in werklikheid is. Moenie steun vir die "onderdrukte volkie" soek nie, u gaan dit nie kry nie. Neem die standpunt in: "Saam met ons, julle blanke buitepos van Europa en die VSA in Afrika, kan julle Europeane en Amerikaners, hier in Afrika julle ding tot julle eie voordeel doen want ons weet hoe en ons hoort by julle." Maak u onmisbaar in 'n kontinent wat die wêreld nie regtig mis nie.
 
Baie gaan sê dat hierdie benadering 'n soort neo-koloniale standpunt is. Die wat so dink is reg.
 
Daar is een voorwaarde: Die Afrikaners moet die swart kontinent en sy mense verstaan, kan verklaar waarom die toestand in swart Afrika so ellendig is teen die agtergrond van die swart Afrikakulture en leefwyse self en 'n deurdagte strategie baseer op duidelike insig ontwikkel. Tot op datum het ek nog geen Afrikanerleier ontmoet of gehoor of van gelees wat dit kan doen nie.

стенд развалФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.