Wat het Nelson Mandela, Kofi Annan en Pussy Riot in gemeen? Die EU-parlement het die omstrede punkgroep vir ‘n menseregteprys benoem wat voorheen aan twee swartes toegeken is, te wete Mandela en Annan.
Die lede van die groep is onlangs tot twee jaar in die tronk gevonnis vir aanhitsing van godsdienstige haat en vandalisme.
Dinsdag, het afgevaardigdes van die Europese Parlement Pussy Riot genomineer vir die gesogte menseregteprys wat die naam van die Russiese kernfisikus Andrei Sakharof dra. Die groep, wat byna so amateuragtig is soos die makers van die onlangse anti-Moslemfilm, het in die Christus die Verlosser-katedraal teen die Ortodokse Kerk en president Vladimir Poetin hulle “vertoning” gehou.
Die Russiese ministerie van buitelandse sake het gesê die aard, doelwitte en vorme van hul optrede het niks te doen met die “vryheid van denke” sentraal tot die Sacharof-prys nie.
Drie lede van die feministiese protesgroep is skuldig bevind op aanklagte van vandalisme en aanhitsing van godsdienstige haat, en gevonnis tot twee jaar elk in die tronk. Hoewel die trio die internasionale nuus oorheers dansky een optrede, is die groep ook bekend in Rusland vir ‘n reeks berugte optredes wat seksueel eksplisiet is.
In Februarie 2008, is paartjies verfilm wat groepseks in die Timiriazef-Staatsbiologiemuseum in Moskou het. Die groep beweer dit was namens vroueregte gedoen.
Die seksueel eksplisiete video is daarna opgelaai op die internet.
Die geleentheid vir die benoemdes van die Sacharof-prys sal op 25 September in Brussel gehou word, terwyl die toekenningseremonie sal plaasvind in Desember in Straatsburg. Die prys, wat €50.000 beloop, word toegeken aan individue en organisasies wat ‘n besondere bydrae tot die beskerming van menseregte gelewer het.
Benewens Nelson Mandela en Kofi Annan het Verslaggewers sonde Grense ook die toekenning ontvang.
Geweld in Suid-Afrika het drasties toegeneem nadat Mandela uit die tronk vrygelaat is, volgens die CIA se statistiek.