Misdaad neem af, sê ANC

Deel op
Die moordsyfer in Suid-Afrika het die afgelope jaar volgens die polisie met 3.1% gedaal.

Nathi Mthethwa, die minister van polisie, het Donderdag misdaadstatistieke vir die 2011/’12- finansiële jaar bekendgemaak.

Hy het gesê kontakmisdaad in die algemeen het met 3.5% afgeneem, hoewel daar nie ‘n afname daarin was in die Vrystaat, Limpopo en die Wes Kaap nie.

Die syfer vir poging tot moord het met 5.2% gedaal en dié vir verkragting 1,9%.

Daar was ook ‘n afname in gewapende roof, kapings, transitorooftogte en bankrowe.

“Verkragting is steeds onaanvaarbaar hoog,” het Mthethwa egter gesê.

Mthethwa het gesê kapings het afgeneem van 23,6 persent in 2010/11. ‘n Verdere afname van 11,9 persent, het gevolg in 2011/12.

Kontant-in-transito rooftogte is af met 37,5 persent, en bankrooftogte met 10,3 persent in 2011/12.

Huisroof het afneem met 1,9%, maar sakerooftogte het voortgegaan om ‘n opwaartse neiging te toon, met 7,5 persent se styging.

Mthethwa het kennis geneem van ‘n ​​toename in kleinsakerooftogte.

Die implementering van die strategie sal binne die volgende paar weke afskop, het hy gesê.

данильченко юрій Харків

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.