Nissan se werkesels!

NP200
Deel op

{jathumbnail off}

Suid-Afrika is ‘n land waar bakkies nogal die botoon voer. Ons is nou maar net lief vir bakkies. Nissan het twee bakkies oftewel ligte handelsvoertuie soos die korrekte benaming vir die voertuie behoort te heet wat streng op die kommersiële  sektor gemik is. Ons het die geleentheid benut om twee van die intreevlakbakkies in die Nissan-reeks te toetsbestuur.

NP200 1.6 8v

Nissan se intreevlak- halftonbakkie het groot skoene om vol te staan met die Nissan 1400 Champ wat jare lank diens gedoen het as Suid-Afrika se gunsteling klein bakkie. Die Champ was bekostigbaar, hardwerkend en betroubaar. Met die NP200 in die 8-klepgewaad bou Nissan vir seker voort op die bekostigbare tradisie wat die Champ daargestel het. Die NP200 1.6 8-klep is gemaklik, ruim en die bak is lank en diep. Die klap agter maak laag oop om die op- en aflaai van vrag te vergemaklik. Binne-in die kajuit is daar meer as genoeg plek vir my sesvoetlyf asook bêreplek agter die sitplekke. Twee individiule sitplekke bied meer as genoeg steun en die harde plastiek wat in die kajuit gebruik is, is van ‘n goeie gehalte. Instrumente is baie duidelik leesbaar en daar is geen foefies in die bakkie nie. Twee lugsakke en ABS-remme, sitplekgordels en lugversorging is die totaal van die luukshede in die bakkie. Is dit ‘n slegte ding? Nee, hierdie is ‘n bekostigbare werksbakkie wat met gemak 600 kg kan dra. Die NP200 is gebaseer op die Renault Logan, dus is groot geld aan die ontwikkeling van die produk bestee. Die binneruim lyk en voel ook baie soos dié van die Logan. As ons een klagte sou hê, dan sou dit wees dat die kontroles vir die lugversorging dalk effens laag en weggesteek geplaas is, maar weereens hierdie bakkie is gemaak om te werk en teen minder as R130 000 is dit werklik ‘n goeie kopie.

Rygerief en brandstofverbruik van 9,5 l/100 is beide meer as voldoende vir dié soort voertuig. Sou ons vandag ‘n klein werkesel moes koop, sal die Nissan NP200 beslis baie hoog op die lys wees.  Die 1,6-literenjin met 8 kleppe lewer 64 Kw en 128 NM se wringkrag.

Ons gee die bakkie ‘n 4 uit 5

 

NP300 2.5 TDi High Rider

 Kyk, as ek nou ‘n boer was wat ‘n ryding vir die plaas gesoek het om die taai harde werk te kan doen en so nou en dan bietjie dorp toe te ry om besigheid by die bank te gaan doen, dan sou ek beslis die Nissan NP300 nog ‘n kykie gegee het.

Ons toetsmodel was die 2.5 TDi High Rider, nie ‘n vierwielaangedrewe model nie, maar lekker hoog op sy vere vir al daardie los landerye en dongas op die plaas. Binnelangs is die NP300 ‘n gemaklike, sonderfieterjasiewerksbakkie. Daar is ‘n radio, lugversorging, lugsakke en ABS-remme. Geen ander elektroniese guite wat kan breek nie. Die NP300 is ‘n eentonbakkie met ‘n lang bak en alhoewel die laaibak ‘n bietjie hoog is as gevolg van die Hirider-spesifikasie is die Nissan doelgebou om te werk. Die bak is lank en diep en ook met rubber uitgelê. Ons toetsmodel het ook die seiltjie en rolstawe agter op die bak gehad. Rygerief is verbasend goed en ruimte in die kajuit is verstommend. Groot manne soos ons boere nou maar eenmaal is, sal sonder enige ongerief agter die stuur van die NP300 inpas en nog gemaklik kan terugskuif ook. Die 2.5-turbodieselenjin ontwikkel 98 Kw en 304 NM se wringkrag wat tussen sy mededingers die algehele wenner is. Toyota se Hilux, Isuzu se KB en VW se Amarok lewer almal minder krag en wringkrag en dit is slegs die KB en Hilux wat net-net goedkoper as die NP300 is. Die Amarok is bykans R30 000 duurder as dié geselskap. Teen R256 600 is die NP300 beslis ‘n toetsrit werd.

Ons gee hom 4 uit 5

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.