Afrikanerman (67) wreed vermoor in Middelburg

Moord op Middelburg
Deel op

Moord op MiddelburgMnr. Johannes Jakobus (Jan) du Toit is vanoggend in sy huis deur twee mans met ‘n mes aangeval en vermoor. ‘n Foto van die plas bloed is intussen op Facebook geplaas (hiernaas).

Mev. Anna Maria du Toit is insgelyks aangeval en is in die Midmed-hospitaal opgeneem. Volgens bure van die egpaar het honde in die buurt deur die nag geblaf en daar is ook vreemde swartes in die straat opgemerk. Die bure het ook agterna harde slae soos plofgeluide gehoor. Volgens ‘n ooggetuie het een van die aanvallers oor ‘n muur gespring.

Die moordenaars het deur ‘n venster aan die voorkant van die huis ingebreek. Gerugte in die dorp wat per selfoon versprei het, wil hê dat mev. Du Toit ook baie wreed aangerand is en dat albei haar ore afgesny is. Tans is sy egter buite gevaar in die Midmed-kliniek en daar word bloot van ‘n “wond aan haar oor” gepraat.

Die aanval het in die vroeë oggendure in die voorstad Dennesig plaasgevind. Daar was ‘n hewige worsteling alvorens die aanvallers oor die voorste muur gevlug het.

Sedertdien is die hele Middelburg in rep en roer en blykbaar is alle mobiele alarms op die dorp uitverkoop.

Familie en vriende van die egpaar wat die huis gaan skoonmaak het, het die foto op Facebook geplaas.

Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.