Reitz-video, rassisme en transformasie

Deel op

Die Reitz-kamerwoning-video oorheers nou al weke lank nuuskommentaar.

In inter-persoonlike gesprekke word verskillende menings daaroor gehuldig, toegegee dat diegene wat die video in sterk taal verwerp, klaarblyklik die oorgrote meerderheid is.

Die kritici van die video maak dit af as morsig, platvloers en onfatsoenlik. Dit is van ʼn lae intellektuele peil.

Deel op

Diegene wat – soos die Hollanders sê – “genuanseerd” daaroor probeer dink, verdedig die video oor die boeg van die reg van ʼn persoon om selfs kru “kuns” te lewer. Die video val in die kategorie van spot, die satire, ironie en is ʼn protes teen “politieke korrektheid”.

Wat in die debat gemis word, is die besef dat hierdie video baie skerpsinnig gebruik is as wapen in sielkundige oorlogvoering om die blanke teen ʼn skandpaal te slaan.

Dat die strategie van  verdagmaking en assosiasie van ook die Afrikaner met die video baie suksesvol is en was, is die feit dat Afrikaanse meningsvormers eintlik geen verweer het nie.

Wesenlik gaan die video as sielkundige instrument om ʼn groter saak.

Dit is transformasie.

Die groot fout wat liberaliste maak is om te glo dat transformasie net die uitskakeling van rassisme beoog.

Met rassisme word dan bedoel dat ʼn persoon of groep persone met ʼn bepaalde pigmentasie ʼn ander persoon of groep met ʼn ander kleur as minderwaardig ag, voorstel, beskou en hanteer.

Die liberale standpunt kan kortliks ontmasker word deur ʼn eenvoudige stelling, naamlik dat die volle mens (nie net sy kleur nie) in sy gene vervat is, dat die genetiese samestelling van ‘n mens honderde (ja, duisende) jare terugreik in die geskiedenis en ook moontlikhede – maar helaas ook beperkinge – oplê wat as grense funksioneer. Grense wat moeilik oorgesteek kan word. Die liberalisme maak hom gewoon skuldig aan ‘n sosiokulturele determinisme. Hiervolgens is en word alle mense gelyk as die sosiaal-kulturele konteks maar gelyk gemaak kan word.

Die probleem met die liberalis is dat hy die transformasiepolitiek volledig verkeerd sien as ‘n poging van die voorstanders van transformasie om alleen maar die sosiokulturele speelveld gelyk te maak.

Wat ons egter stelselmatig sedert 1993 in SA waarneem, is dat transformasie eerder ʼn omvorming van die voorafgaande stelsel is.

Met ander woorde: die Westerse samelewingsorde moet fundamenteel afgebreek en vervang word met die Afrika-kollektivistiese stelsel.

In Afrika-kollektivisme is die owerheid die staat, ag die owerheid homself bevoeg om ‘n staatsideologie op die burgery af te forseer (bv. die skole-eed), mag die owerheid inmeng op elke en alle terreine (soos in georganiseerde sport en die onderwys), word etnisiteit en kulturele andersoortigheid as bedreiging vir nasie-bou gesien … ens.

Word die Reitz-kamerwoning-video teen bg. agtergrond herbeoordeel, is dit duidelik dat dit eintlik die spot dryf met die geforseerde transformasiepolitiek van die universiteitsraad en sy kruppel rektor.

Soos daar reeds in ander dokumente uitgewys is, is ʼn geforseerde sosiale integrasiebeleid eintlik ʼn waarborg vir rassespanning, polarisasie en haat.

Wat ons dus op Kovsies sien, is die werking van sosiale antitese. Die bedoeling is geforseerde integrasie, maar die onbedoelde nettoresultaat is segregasie en intergroepspanning.

Alhoewel beskaafde Westerse norme en etiese gedragsreëls altyd in die oorlewingstryd van ʼn volk verreken moet word, lê daar ʼn selfvernietigende gevaar in enige poging om transformasiedoelwitte as die uitskakeling van vooroordele teen swartes te sien. Transformasie gaan om veel meer en wil die totale samelewing tot in sy wortels revolusionêr verander.

Teen bg. agtergrond moet die Reitz-video agter ons gesit word en moet op die aanslag teen ʼn Westerse samelewingsorde gekonsentreer word.

циклевка паркета стоимостьДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.