Die kern van die kernkwessie

Deel op

Dat die spanning opbou in die Midde-Ooste is nie te betwyfel nie. Beide die VSA, Brittanje en Frankryk, asook Saoedi-Arabië beman die oorlogsteater van Iran vir die jongste opvoering van oefeninge wat daarop gemik is om die Straat van Hormoez te beskerm.

As dié seestraat gesluit moet word, is dit nag vir die wêreldekonomie, aangesien ‘n groot gedeelte van die wêreld se ru-olie daardeur vervoer word.

Die Pentagon het in die verlede ‘n verslag vrygestel waarin die 563 kernfoute, wanfunksies, en vals alarms oor die jare gelys word. ‘n Riller van ‘n verslag, want dit bring die leser onder die indruk van hoe naby die wêreld al talle kere op die rand van ‘n baie lelike konflik beweeg het met vals alarms.

Dan is daar die ongelukke, te veel om te noem. Kernduikbote van die soort wat nou in die Persiese Golf rondvaar en bots met ander skepe, is nie raar nie. Ten minste agt kernduikbote (een Frans, twee Amerikaans en vyf Russies) lê en vrot op die bodem van die see, waar hulle uraan en plutonium lek. In 2003 het die U.S.S. Hartford, ‘n kernaangedrewe duikboot, ‘n rots getref by ‘n klein eiland noord van Sardinië. Die gebied is nou hoogs radioaktief. En dit was nie eens vir ‘n oorlog nie.

In 1961 het ‘n Amerikaanse B-52 met twee atoombomme aan boord oor Faro, Noord-Carolina verongeluk. Een van die bomme, met ‘n valskerm om dit te vertraag, is gevind. Vyf van die ses sekerings wat ontwerp is om volle kernontploffing te voorkom, het misluk. Die ander atoombom is 6 meter diep in die grond begrawe.

Die militêre owerhede het besluit dis te moeilik om uit te grawe en dit daar gelaat. En daar sit dit tot vandag toe nog. Hierdie klein “ongelukkie” behels bomme wat elk 250 keer die krag van die Hirosjimabom dra. Die bevelvoerder het heel ernstig verklaar dat die bom ‘n hawe in NC sou skep en dat dit amper-amper was.

In 1956, en 1958, het twee vliegongelukke kernwapens ter plaatse gelaat en op 17 Januarie 1966, het ‘n Amerikaanse B-52 twee van vier waterstofbomme radioaktiewe deeltjies oor Palomares, Spanje in ‘n ontploffing gestrooi. Die Verenigde State het 1400 ton van radioaktiewe Spaanse grond opgegrawe en na Aiken, Suid-Carolina gestuur, waar die Savannah River Site die vervaardiging van kernwapens met die afval onderneem het.

Dit was net na die U.S.S. Ticonderoga uit Vietnam weggevaar het na Japan met ‘n kernbewapende vliegtuig aan boord en per ongeluk die vliegtuig in die see laat val het, kompleet met ‘n atoombom en vlieënier, tot op die bodem van die see, waar hulle tot vandag toe bly.

In 1968, het ‘n ander Amerikaanse B-52 met vier atoombomme neergestort in Groenland. Drie van die bomme het ontplof, terwyl die vierde nog soek is. Dit is onder die 11 kernbomme wat die Verenigde State erken dat hy oor die jare verloor het.

Dit is nog benewens die gebruik van wapens wat met arm uraan toegerus is, wat waarskynlik bygedra het tot duisende sterftes en geboorte-defekte. Behalwe die VSA, het 29 ander lande ook sulke wapens aangekoop.

Die kernramp in Japan het honderde duisende mense verplaas. Voor hierdie ramp, het die reguleerders in Japan gesê hulle het alle moontlike veiligheidsmaatreëls in plek. In die VSA staan 104 verouderde kernkragaanlegte, waarvan 23 volgens die dieselfde gebrekkige ontwerp as in Fukushima opgerig is.

Kernaangeleenthede van watter aard ook al, moet met die grootste versigtigheid hanteer word. Ongelukke maak dit al moeilik, maar ‘n dreigende oorlog maak dit dringend.

 

Фильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.