Alyssa Botha (13) vermoor deur lid van geheime krygsmag – vrygelaat deur polisie

Alyssa Botha
Deel op

Alyssa BothaTydens die ondersoek na nog ‘n skietery gisteraand op bure van die Bothas te Muldersdrift wie se dogter Alyssa (13) verlede week vermoor is, het aan die lig gekom dat haar moordenaar ‘n lid van die geheime jeugkrygsmag is waaroor PRAAG vroeër vandag berig het. Gister is hy en nog vier verdagtes egter deur die Suid-Afrikaanse polisiediens vrygelaat, waarna hulle die tweede aanval slegs drie huise van Alyssa s’n gepleeg het.

‘n Bron binne die SAPD het teenoor PRAAG bevestig dat twee van die vyf verdagtes wat gister deur die SAPD vrygelaat is, by die jongste skietery op ‘n buurman betrokke was. Hulle het blykbaar dieselfde wapens gebruik, dus het die polisie nie eens hul wapens afgeneem nie.

Ten minste een van die twee aanvallers is as lid van die jeugkrygsmag, die “Task Desk” by die Tempe-weermagbasis in Bloemfontein opgelei.

Die besluit om die verdagtes in die Alyssa Botha-moordsaak vry te laat, is deur ‘n swart vroue-offisier, luitenantkolonel Katlego Mogale, geneem. Sy het gister beweer dat die polisie “geen getuienis” kon vind wat die verdagtes met Alyssa se moord verbind nie, hoewel een van die verdagtes ‘n geheuekaart van een van die Botha-dogters by hom gehad het.

Die ander drie verdagtes is Zimbabwiërs wat die vermoede laat ontstaan dat hulle reeds oor die grens gevlug het.

Dit is nog nie bekend in watter toestand die man wat gister deur hulle geskiet is, verkeer nie. Hy is na die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal vervoer.

Фильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.