ANC-minister loof Woolworths

Mildred Oliphant
Deel op

Mildred OliphantDie minister van arbeid, Mildred Oliphant, het Woolworths vir sy standpunt oor gelyke indiensneming geloof.

“As die regering van Suid-Afrika en diegene wat transformasie nastreef, sal ons aanhou om maatskappye soos Woolworths aan te moedig om met die transformasie en integrasie van die samelewing voort te gaan,” het sy in ‘n verklaring gesê.

Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) en die vakbond Solidariteit het vandeesweek ‘n veldtog begin om Woolworths te boikot nadat die maatskappy vertoë geïgnoreer het om indiensnemingsadvertensies wat blankes uitsluit van sy webwerf te verwyder.

Woolworths het gesê hy het as ‘n werkgewer met meer as 50 werknemers ‘n verpligting om sy rassevoorkeurteikens na te kom.

Oliphant het gesê Woolworths is een van die maatskappye wat in 2009 onderhewig was aan ‘n hersieningsproses kragtens die Wet op Gelyke Indiensneming.

“Tydens die proses, soos enige ander werkgewer wat hersien is, het Woolworths onderneem om sy maatskappy te transformeer deur sy gelyke-indiensnemingsplan, wat deur die direkteur-generaal goedgekeur is, te implementeer,” het sy gesê.

Die minister het gesê nadat ‘n opvolghersiening in die 2011/2012-boekjaar gedoen is, het die maatskappy vordering getoon.

“Daar is egter diegene wat dit nie kan verdra om integrasie in die werkplek en die samelewing te sien nie; hulle wil fout vind met diegene wat werklik gelyke indiensneming implementeer as ‘n manier om ons pynlike verlede en wanbalans aan te spreek.”

Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.