Obama-scenario’s

Op die vooraand van die uitslag van die belangrike kandidaatsverkiesings van die Amerikaanse Demokratiese Party in Ohio en Texas, stel ek die volgende vooruitskouings van moontlike gebeure as Barack Obama vir Clinton uitskuif as presidentskandidaat. Dit is nie "visoene" nie, dis bloot voorspellings gegrond op sekere feite en afleidings van moontlike gebeure en dis moontlik dat verskeie ander moontlikhede oorgesien is, maar dinge kan baie naby aan die vooruitskouings verloop.

Net eers enkele stellings wat sekere afleidings dalk verduidelik:
Obama is ‘n goeie spreker, met ‘n veelheid van mooiklinkende frases, maar hy is ‘n tipiese Afrikaan: Baie bek en min binnegoed. "He can talk the talk, but he can’t walk the walk". Obama word omring en geadviseer deur ‘n hele aantal mense wat sterk anti-israel, soms pro-moslem, beslis anti-grootgeld en eintlik sterk ten gunste is van ‘n welsyntaat wat vat-vat aan sosialisme. Hy word gesteun deur jong, linkse idealiste wat dink dat "drome en ideale" die wêreld kan regeer en deur ‘n ou klomp ultra linkses (soos Soros) wat nou hulle kans sien om die linkse rewolusie by die stembus in die VSA te laat slaag. Dalk is hulle reg.

– Die skerp daling in die dollar en die skerp styging in die prys van goud (veral die afgelope twee weke) is nie net toe te skryf aan die VSA se ekonomiese probleme nie. Dit is ook die groot geldbase wat besef dat ‘n Obama-presidentskap rampspoedig gaan wees vir die dollar en die "meelewende" kapitalisme wat die VSA kenmerk. Hulle vlug met hul geld na goud en ander geldeenhede.

– Groot dele van die media hemel Obama op want hy is "nuus" en ‘n verkoper. Die pogings om Obama met John F. Kennedy te vergelyk, is pure "hype". Die media glo nie hul eie propaganda nie.

– Diegene wat die meeste bekommerd is oor ‘n Obama-presidentskap is natuurlik die geldbase (en nie net die grotes nie) en dan Israel. Daar kan verwag word dat Obama – sou hy president word- Israel gou gaan veroordeel en in die VN resolusies gaan steun dat Israel na die gebied vóór 1967 moet terug trek en Palestyne onmiddellik hulle ander grond in Israel teruggegee word wat sedert 1948 "gesteel" is.

– Iran en Sirië gaan vinnig aan hul kernbomme werk want hulle glo en weet dat Obama nie sterk teen hulle sal optree nie, nie eens as hulle toetsontploffings uitvoer nie.

– Amerikaanse troepe in Irak (en dalk ook Afghanistan) sal vinnig teruggetrek word en Al Kaida en die Taliban sal daar oorneem.

– Moslems in Europa gaan nog meer militant word en bloedige konflikte veroorsaak in veral Nederland, Spanje, Brittanje en van die Skandinawiese lande. Dis te betwyfel of van hierdie lande die moed en durf het om hierdie aanslae teen te staan.

– Rusland gaan ontpop as een van die sterkste bastions van westerse beskawingsnorme. Bande tussen Europa en Rusland gaan baie sterker word.

– Japan en China gaan nog sterker ekonomies groei en baie gou die VSA agterlaat.

– Die swartes in Afrika en veral Suid-Afrika gaan ‘n president Obama sien as ‘n oorwinning vir Afrika. Die witman in SA gaan nog swaarder leef. En die VSA sal nie meer een van die toevlugsoorde van jong wittes wees nie.

Maar dit alles net as Obama president word. En dit is te betwyfel of hy sal, want hy sal voor die tyd "uitgevat" word – weggeblaas word.

Die kanse is dit kan binne die volgende weke wees, beslis vóór die benoemingskonvensies later vanjaar.

– Die CIA en Bush sal onmiddellik deur die hele wêreld daarvan beskuldg word dat hulle Obama van die toneel vewyder het. Maar dit sal nie die CIA of die FBI of selfs een van die diepgeheime Amerikaanse eenhede wees nie. Hulle weet hulle durf nie eens aan so iets dink nie. Waarskynlik is die moontlikheid van ‘n aanval op Obama een van Bush en die CIA/FBI se grootste nagmerries op die oomblik. Daar word beslis lankal spesiale maatreëls getref om so iets te probeer voorkom. Maar hulle gaan nogtans die skuld kry as so iets gebeur!

– Die kanse is goed dat een of ander regse groep of dalk net ‘n individu so iets beplan en gaan uitvoer.

– Dis ook nie onmoontlik dat die geldmagte met die mafia begin praat om die takie te verrig nie. Die geldmagte kan die meeste verloor in ‘n Obama-presidentskap.

– Die beste kandidaat om die ou takie uit te voer, is egter Israel se Mossad. Hulle is skerp, kundig en uiters doeltreffend en hulle vat nie kanse om iemand soos Obama eens naby aan ‘n presidentsverkiesing te laat kom nie. (Mossad het maande voor enigeen geweet van Bill Clinton en daai Monica se dinge – hulle het haar woonstelfoon getap en die inligting gebruik om die Amerikaanse intelligensiedienste af te dreig om van hul agente wat uitgevang en aangekeer was, vry te laat. Mossad was ook besig om Henri Paul, die motorbestuurder van Diana se doodsmotor, te bearbei as informant want daardie hotel is (of was) ‘n gewilde verblyfplek van ekstremistiese Arabiere. Snaaks dat hierdie feite, wat in ‘n gepubliseerde boek te lees is, nog nie sterk na vore gekom het in die huidige ondersoek nie).

AS EN WANNEER OBAMA UITGEHAAL WORD, GAAN DIE BLOUWILLEHEL LOS WEES IN DIE VSA.

– Swartes gaan die strate invaar en brandstig, moor en plunder soos nog nooit gesien is nie.

– Selfs wit linkses – veral sterk groepe "rewolusioneres" – kan probeer om chaos en wanorde uit te buit. Hulle sal waarskynlik nie baie vêr kom nie want die FBI weet wie en waar hulle is.

– Moslem-ekstremiste kan die chaos gebruik om weer met kwaai aanslae BINNE maar ook buite die VSA teen Amerikaners en westerse lande te kom.

– Clinton sal haar onmiddellik onttrek aan enige moontlike kandidaatskap. Presies hoe die Demokratiese Party te werk sal gaan as hulle binne ‘n kort tydperk heeltemal nuwe kandidate moet benoem, is onbekend, maar ek verwag dat Edwards, Kelly en dalk selfs Gore as die sterkste aanspraakmakers na vore kan kom. As die "linkste" van die drie kan Edwards bo uitkom.

– Obama se geweldaddige verwydering uit die wedloop, gaan egter ook McCain en die Republikeine kwaai skade berokken. Baie vingers gaan na hulle wys. Dit is glad nie ondenkbaar dat McCain gedwing kan word om opsy te staan vir iemand soos Romney of dalk selfs Guiliani nie.

– Amerika gaan jare vat om uit hierdie gemors en die gepaardgaande ekonomiese probleme te kom.

EN DIS MAAR NET DIE BEGIN!

best bridal jewelry

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.