Brittanje se ondergang is ‘merkantilisme’

‘n Boek wat eersdaags verskyn, Merchant, Soldier, Sage: A New History of Power, deur David Priestland, gee ‘n siening van die geskiedenis as ‘n ewige stryd tussen mededingende klasse en belangegroepe.

Dis nie ‘n nuwe gedagte nie. Max Weber en Karl Marx, die stigters van historiese sosiologie, het ‘n leër van dissipels gehad. David Priestland, die skrywer van ‘n breë geskiedenis van die kommunisme en leraar by Oxford, het ook hiermee sy intellektuele skuld erken. Nietemin argumenteer hy dat hierdie siening van die geskiedenis die belangrikheid van die manier waarop mense in mag dink, onderskat.

Priestland se tesis is dat daar regdeur die geskiedenis drie “kaste” is, naamlik die soldaat, die handelaar en die wysgeer wat meeding om die werker te beheer. Wanneer een van hierdie kaste onbetwiste beheer oor die ander verkry, skryf hy, is die resultaat oorlog, revolusie of ‘n ekonomiese ramp.

Die doel van hierdie boek is om die lesse van die geskiedenis te gebruik “om die huidige finansiële krisis te verstaan”. Priestland argumenteer dat die Weste nou die prys betaal omdat hulle aan die waardes van die handelaars toegegee het, aan hulle wat glo in die geregtigheid van die mark, pryse, die nastreef van korttermyn-wins, en ook krediet en risiko aanbid.

Die meeste samelewings is gebaseer op ‘n informele alliansie tussen twee van hierdie drie kaste. Agrariese ryke is dikwels gelei deur aristokrate met kryger- en grondeienaarwaardes (soldate) in noue alliansie met die priesters (wysgere), wat ‘n geestelike regverdiging vir hul heerskappy kon voorsien. Die handelaar is geduld vir rykdom deur middel van handel, maar ook verkwalik vir die feit dat hulle slimmer en dikwels ryker as die tradisionele elites was.

Handelaars deur die grootste deel van die pre-moderne tyd, was nog altyd afhanklik van die beskerming van die vegterkaste. Dit was nie tot en met die laat 17de eeu dat handelaars die eerste keer na vore gekom het as ‘n dominante kaste in Engeland en Holland nie.

Die 19de eeu het oënskynlik die onverbiddelike opgang van “sagte merkantilistiese waardes” gebring, toe Brittanje sy groeiende Ryk gebruik het as ‘n krag vir die bevordering van vrye handel en globalisering, oënskynlik in die belang van almal. Brittanje se mededingers, het hierdie imperiale projek natuurlik as minder gunstig gesien.

Soos die heer Priestland dit stel, was die 19de eeu “se kosmopolitiese handelaars besig om een ​​van die mededingendste sakekartels, toenemend gerugsteun deur die mag van nasiestate, op te rig.” Bismarck se Duitsland, gedugte mededinger hiervoor, het tot die Eerste Wêreldoorlog gelei asook uiteindelike begraafplaas van daardie stelsel.

Na die oorlog, het Amerika na vore getree as die rykste nasie en dominante uitvoerder van kapitaal. Dit het gelei tot die verspreiding van ‘n nuwe vorm van die handelaarsmag oor groot dele van die ontwikkelde wêreld in die vorm van skuld-aangevuurde verbruikerskapitalisme. Die massiewe finansiële en handelswanbalanse het gelei die Groot Depressie van die vroeë 1930’s. Die jare van fiskale soberheid en sosiale onrus wat gevolg het, skryf die heer Priestland, het bygedra tot die militarisering van Duitsland en Japan.

Die bloedvergieting van die Tweede Wêreldoorlog het uiteindelik ‘n nuwe alliansie van “wysgerige tegnokrate” en “sagte handelaars” geïnspireer. Hierdie vennootskap het ‘n nuwe wêreldorde geskep, skryf Priestland. Die resultaat, was die na-oorlogse goue era van welvaart en sosiale harmonie.

Maar met die ineenstorting van Bretton Woods in 1971, as gevolg van fiskale probleme, stygende inflasie en unie-militante, het die harde handelaar oorheers. Gelei deur Ronald Reagan en Margaret Thatcher, het hierdie tydperk die opkoms van “Davos-man” en die sogenaamde Washington-konsensus beleef.

Priestland meen die bank- en soewereine skuldkrisis van die afgelope vyf jaar is geheel en al “voorspelbare” gevolg van merkantilistiese waardes wat tans die etos van die Westerse beleidmakers bepaal.

Priestland het ‘n paar interessante dinge om te sê het oor waarom magsverhoudinge skuif en wat gebeur wanneer hulle dit doen, maar sy oproep vir ‘n beter verlede, is te naïef om oortuigend te wees. Die Angelsaksiese imperiale projek is in gevaar, en juis agv kulturele marxisme. Die ironie sl heeltemal verlore wees op een van Brittanje se “groot” denkers.

Фильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.