Clive Derby-Lewis doen aansoek om mediese parool

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-LewisClive Derby-Lewis gaan om mediese parool aansoek doen omdat hy siek is, het sy vrou Gaye Derby-Lewis vandag aan Eyewitness News gesê.

Sy beplan om die aansoek in die volgende weke in te dien en hoop die poging sal slaag aangesien haar man aan kanker ly, asook gangreen in een been.

Dit is die eerste keer dat Derby-Lewis om mediese parool aansoek doen. Hy is verlede jaar normale parool geweier, hoewel die departement van korrektiewe dienste dit ondersteun het.

Derby-Lewis was ‘n parlementslid van die Konserwatiewe Party onder die vorige bedeling en is tot lewenslange tronkstraf gevonnis weens sy aandeel in die sluipmoord op die sekretaris-generaal van die SA Kommunisteparty tydens 1993, Chris Hani.

Hy het ‘n vuurwapen aan Janusz Walus verskaf, wat dieselfde termyn tronkstraf uitdien.

Albei het aanvanklik die doodstraf ontvang. DIt is na lewenslange tronkstraf verander toe die doodstraf afgeskaf is.

Derby-Lewis is 76 jaar oud.

Daar is tans ‘n petisie vir Derby-Lewis se vrylating aan die gang.

topcargo отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.