‘7 minute van angs’ vir Mars-verkenningstuig

Curiosity-verkenningstuig

Curiosity-verkenningstuigDie Mars-verkenningstuig met die meeste hoë tegnologie aan boord het so pas op die rooi planeet geland.

NASA sê dit het Sondagaand ‘n sein van die Curiosity-verkenningstuig ontvang ná ‘n hellevaart deur die Mars-atmosfee wat as “sewe minute van angs” beskryf is.

Die verkenningstuig is die grootte van ‘n kleinerige motor, dus moes ingenieurs ‘n nuwe manier bedink om dit te laat neerdaal. Vir die eerste keer is kabels gebruik om die tuig binne ‘n reusekrate te laat afsak.

Teen $2,5 miljard, is dit die mees ambisieuse en duurste Mars-sending ooit. Vir die volgende twee jaar sal die verkenningstuig in rotse inboor en grond opskep. DIt sal die ‘n ondersoek doen om vas te stel of die planeet se omgewing lewe in die vorm van mikroskopiese organismes kon ondersteun.

Die Curiosity-verkenningstuig het vroeg Maandag ‘n vreesaanjaende landing oorleef met ‘n tegniek wat nog nooit tevore probeer is nie toe dit na die oppervlak van die Rooi Planeet soos ‘n spinnekop aan ‘n draad laat sak is, het die Amerikaanse ruimte-agentskap gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.