Nog ‘n goud vir SA-roeispan

Deel op
Die Die Suid-Afrikaanse roeiers Sizwe Ndlovu, Matthew Brittain, John Smith and James Thompson het Donderdag ‘n derde goue Olimpiese medalje gewen.

Dit was ‘n reuse-verrassing om in die eindronde vir liggewig-viermanspanne eerste te eindig.

NUUT!

Die roeiers het veral oor die laaste 500 m van dié 2 000 m-resies uitgehaal om voor die spanne van Brittanje (2de) en Denemarke (3de) te eindig.

Vroeër het Chad le Clos (200 m-vlinderslag) en Cameron van der Burgh (100-borsslag) ook goue medaljes vir Suid-Afrika gewen.

Le Clos, wat hom aan die eindronde van die 200 m- individuele wisselslag op die Olimpiese Spele in Londen onttrek het om op die 100-vlinderslag te konsentreer, het Donderdag in dié item vir die halfeindronde gekwalifiseer.

Олександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.