Is Mandela deur ‘n dubbelganger vervang?

Deel op

Skoppensboer is ook verstom deur die merkwaardige gesondheid van die 94-jarige Nelson Mandela, wat so pas deur oudpresident Bill Clinton besoek is. Met die gemiddelde lewensverwagting in Suid-Afrika wat onlangs verder van 56 jaar tot 54 jaar gedaal het (volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie), is hy al amper 100% bokant die gemiddeld.

Miskien het hy goeie Xhosa- en Khoi-gene, want sy genetiese oorsprong is mos reeds amptelik bekendgestel. Of anders kry hy net veel beter mediese sorg as wat die gemiddelde Suid-Afrikaner veral in staatshospitale ontvang, wat reeds op 54 jaar afklop.

Skoppensboer was ook sterk onder die indruk van die wondere van die mediese wetenskap totdat ‘n skerpsinnige vriendin met ‘n oog vir gesigte – sy teken soms portrette – teenoor hom opmerk: “Mandela lyk lankal nie meer dieselfde  nie!”

Hoe nou? Maar sy hou vol. “Daai man op die foto’s is ‘n dubbelganger. Met al daardie operasies en mediese besoeke sou dit seker maklik gewees het om hom onder die mes te kry, met die plastiese chirurge wat hom so min of meer soos Mandela laat lyk.”

Vergesog? Iets uit ‘n fliek of ‘n spanningsroman? Maar aan motiewe om Sint Madiba aan die lewe te hou, ontbreek dit seker nie. Die Mandela-stigting en -familie maak sakke vol geld uit al die internasionale publisiteit en liefdadigheidskenkings. Vir die regerende ANC is Mandela soos ‘n witskuldpil wat elke dag aan al vier miljoen blankes gevoer word.

Media24 se redakteurs sal almal ateïste word as hulle nie vir “Madiba” op die voorblaaie kan aanbid nie. ‘n mens moet seker óók oor húl sieleheil bekommerd wees.

Mandela of sy Doppelgänger hou ons almal onderdanig en “laat die nuwe Suid-Afrika werk”. Trouens, sy truuk met François Pienaar se rugbytrui is waarskynlik destyds in 1995 deur die Britse Geheimediens se sielkundige-operasiesafdeling geprakseer. Van elke rugbykykende Afrikaner is ‘n bekeerling gemaak.

Te midde van faksiegevegte rondom magsposisies, het ook die ANC behoefte aan iemand om die party te “verenig”; vandaar die dikwelse beroepe op die “erfenis van Nelson Mandela”.

Aan redes om Mandela lewend te hou, ontbreek dit dus nie. Het die ou regering ooit ‘n DNS-monster van hom in die tronk geneem sodat ‘n mens dit met die huidige kan vergelyk?

Hoekom dink Skoppensboer nou daar is waarskynlik een DNS-toets in dié land wat nie gedoen gaan word nie?

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.