Is Zapiro se penis-Zuma soos Deense karikature van Mohammed?

Die herrie oor ‘n penis-spotprent, sê ‘n vriendin, laat haar dink aan die Deense anti-Islam spotprente van 2005, toe die Jyllands-Posten se Mohammed-spotprente vir groot omstredenheid gesorg het. Na die publikasie van 12 redaksionele spotprente op 30 September 2005 in dié Deense koerant, het Deense Moslem-organisasies ernstig beswaar gemaak teen die uitbeeldings.

Die Moslems het openbare protes georganiseer in ‘n poging om bewustheid oor Jyllands-Posten se houding teenoor Islam te kweek. Verdere voorbeelde van die spotprente is dadelik herdruk in koerante in meer as 50 ander lande, wat tot verdere verdieping van die omstredenheid gelei het.

Vier maande later, was daar oproer regoor die Islamitiese wêreld dansky ‘n paar kunstenaars se penhale. Geweld wat in sommige plekke geheers het, het tot meer as 100 gerapporteerde sterftes aanleiding gegee, die bombardering van die Deense ambassade in Pakistan en aanvalle op Deense ambassades in Sirië, Libanon en Iran, die bestorming van Europese geboue, en die brand van Deense, Duitse, Noorse, Franse en Duitse vlae in Gaza City.

Die Deense Eerste minister, Anders Fogh Rasmussen het die omstredenheid as Denemarke se ergste internasionale krisis sedert die Tweede Wêreldoorlog beskryf. Verskeie groepe, veral in die Westerse wêreld, het gereageer teen die geweld deur ‘n wêreldwye veldtog van “Koop Deens” te ondersteun.

Met dié agtergrond is dit moeilik om nie die pure moedswilligheid in Zapiro se optrede raak te sien nie. Sy penis-Zuma is beslis nie ‘n onskuldige grappie nie. As ‘n spotprent is dit nie eintlik treffend, snaaks of gevat nie. Is dit hoegenaamd vergelykbaar met die Deense spotprente?

Met die eerste opslag, nee. Die Deense spotprente bevat skerp kommentaar oor hoe die Weste Islam ervaar en hoe daar twee maatstawwe heers vir die twee kulture. Zapiro se uitbeelding daarenteen is eintlik net grof en onbeskof, sonder ‘n sweem van ‘n soortgelyke kulturele skerpsinnigheid. Erger nog, dit skep simpatie vir Zuma.

Indien die ANC dus met geweld reageer teen Zapiro se jongste spotprent, wat waarskynlik gaan gebeur soos met Brett Murray se Spies-skildery, sal dit Zuma se martelaarskap verhoog en swart solidariteit verstewig teen ‘n baie kwesbare wit minderheid. Dít is beslis nie vergelykbaar met die situasie in Europa nie.

Die Deense koerant Politiken het ‘n artikel onder die opskrif “Dyb angs vir Kritik af Islam” [Diepgaande kommer oor die kritiek teen Islam] laat verskyn waarin die probleme wat ondervind is deur die skrywer Kåre Bluitgen belig is. Bluitgen was besig met ‘n kinderboek oor Islam. Drie kunstenaars het ‘n voorstel van die hand gewys voordat een besluit om te help met die illistrasies, anoniem.

Volgens Bluitgen het een na die moord van die regisseur Theo van Gogh in Amsterdam verwys, terwyl ‘n ander na die aanval op die dosent by die Carsten Niebuhr-instituut in Kopenhagen, gebruik het om die versoek te weier. In Oktober 2004 is ‘n dosent by die Niebuhr instituut by die Universiteit van Kopenhagen aangerand deur vyf aanvallers wat nie daarvan gehou het dat die Koran deur nie-Moslems gelees word nie.

Die weiering van die eerste drie kunstenaars om deel te neem is gesien as bewys van self-sensuur en het gelei tot heelwat debat in Denemarke. Komediant Frank Hvam het verklaar dat hy (hipoteties) eerder op die Bybel op televisie sal urineer as op die Koran. Uiteraard is dit ‘n belaglike toestand waar Westerlinge in hul eie land geen vryheid geniet nie.

Maar in Suid-Afrika, waar blankes reeds van die meeste vryhede ontneem is deur RA en SEB, misdaad, en openbare oproepe om Afrikaners, Maburu, dood te maak, beteken Zapiro se provokasie waarskynlik dat wit Suid-Afrikaners aanstons baie hoër vlakke van geweld sal moet trotseer.

Kritici van die Deense spotprente het die reeks as Islamofobies en rassisties beskryf, en bedoel om ‘n Deense minderheid te verneder. Dan was daar die gewone kritiek teen Westerse imperialisme wat noodwendig sulke geweld moes baar, uit linkse geledere.

Zapiro probeer ‘n meerderheid verneder in ‘n land waar ‘n klein sigbare wit minderheid, Afrikaners op afgeleë plase, reeds uitdelging in die gesig staar.

In Duitsland is tans ‘n ander herrie los omdat ‘n regse politieke party toegelaat is om anti-Moslem spotprente naby moskees te vertoon as deel van ‘n verkiesingsveldtog.

Saterdag is twee Duitse polisiebeamptes ernstig beseer met steekwonde en dit het vrese van meer bloedvergieting laat opvlam.

Howe in Duitsland het die siening dat spotprente van die profeet Mohammed en Allah aanvaarbaar is in ‘n land waar vryheid van spraak in die grondwet verskans is. Maar weerstand groei teen die taktiek van die ProNRW-party om spanning te skep.

Meer as 100 mense is in hegtenis geneem by die protes in Bonn Saterdag waar polisielede in die bene gesteek is, en ‘n verdere 27 offisiere beseer is.

Die party het egter gesê dat hy van voornemens is om aktiviste te stuur na 25 moskees in die aanloop tot die deelstaatverkiesing in Noord-Ryn-Wesfale, asook om protes in Keulen, Bonn, Düsseldorf, Aken, Wuppertal en Solingen te organiseer.

Verlede week, het ‘n hof ‘n vorige verbod op die groep opgehef om Mohammed-karikature in sy verkiesingsveldtog te gebruik, ten spyte van kritiek dat die beelde suiwer gebruik word vir provokasie. Ook die vorige week, is 81 mense in Solingen in hegtenis geneem nadat geweld uitgebreek het tydens ‘n protes van Salafiste teen die ProNRW. Die groep het spotprente van Mohammed buite ‘n moskee vertoon.

Die Duitse minister van binnelandse sake Hans-Peter Friedrich van die Christelike Sosialistiese Unie (CSU), het gesê hy was in kontak met amptenare oor die afgelope week, met die hoop om ‘n manier te vind om die situasie te ontlont. Hy het die skuld vir die geweld stewig op die skouers van die Moslems geplaas.

“Salafiste se fanatiese lede verteenwoordig ‘n spesiale gevaar vir Duitse veiligheid,” het hy hierdie week verklaar. “Die Salafiste lewer die ideologiese grondslag vir talle wat dan gewelddadig raak.”

Lars Seidensticker van die regse party sê hy verstaan ​​nie die woede nie, en sê sy party sal geen verantwoordelikheid vir enige geweld dra nie.

Hy het bygevoeg: “Moskees is potensiële sentra van ‘n nuwe burgeroorlog wat ons moet voorkom. Dit is hoekom ons die Islamitiese boosheid by sy wortels moet uittrek.”

Na Zapiro se provokasie sal “wit boosheid” waarskynlik aangeval word. Die mense wat gaan boet het nie ‘n heenkome in Israel, Europa of Brittanje nie…

данильченко юрій броніславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.