Wit linkses raak ‘rassisties en kolonialisties’

Deel op

Die Suid-Afrikaanse regering versoek die dringende verwydering van die jongste Zapiro-spotprent oor Jacob Zuma in die Mail & Guardian Vrydag.

“Die regering doen ‘n beroep op Jonathan Shapiro (Zapiro) om sy spotprent te onttrek, en dring daarop aan die Mail & Guardian dit verwyder van die webwerf,” het die regeringswoordvoerder Jimmy Manyi, in ‘n verklaring gesê.

Die spotprent is ‘n “lasterlike aanval” op Zuma se karakter en sy reg op waardigheid, soos vervat in die Grondwet, is geskend.

Die ANC is oorval met oproepe van beswaardes. Volgens die party het selfs joernaliste geskakel om hul “afkeur en teenkanting” te lug.

Castro Ngobese, Numsa se woordvoerder sê die spotprent het niks met kuns te make nie, maar grens aan karaktermoord.

“Dit is teleurstellend dat die Mail & Guardian so ‘n vernederende spotprent gepubliseer het, veral na aanleiding van die onlangse debat oor ‘n ander aanstootlike kunswerk.”

Hy het verwys na ‘n geskende skildery deur die kunstenaar Brett Murray wat Zuma se geslagsdele blootgestel uitbeeld, wat by die Goodman-galery in Johannesburg in Mei tentoongestel is.

“Terwyl die Grondwet en die regering van Suid-Afrika die bevordering van vryheid van spraak aanmoedig, moet kunstenaars verseker dat hulle nie inbreuk maak op die regte van ander nie, en dat hulle kohesie, waardigheid en respek bou eerder as om hierdie imperatiewe te ondermyn.

Vroeër, het die ANC, die ANC Women’s League (ANCWL), en die National Union of Metalworkers van SA (Numsa) verklarings uitgereik wat die spotprent veroordeel.

Die ANCWL het gesê: “Die Zapiro-spotprente maak staat op hul skokwaarde om ‘n impak te maak, maar om die president van hierdie groot land ‘n “dick” [penis in Engels as skeldnaam] te noem, is onaanvaarbaar en die WL sou graag wou weet wie die “ons” eintlik is waarna hy verwys in die spotprent, want die meerderheid van die bevolking wat vir die president gestem het, dink duidelik nie dat dit Zuma is nie.”

Die ANC het gesê: “As die ANC, is ons verras deur hierdie sogenaamde spotprent en kommentaar deur Zapiro.

“Ons vind dit onaanvaarbaar en skokkend want na die ongerieflike ervarings wat Suid-Afrika, die president, en sy gesin ‘n paar weke gelede gehad het, het Zapiro en die Mail & Guardian dit gepas gevind om voort te gaan met die beledigings en vernedering van die President, sy familie, en die breër ANC-kieser.”

Numsa het gesê dit is “besaai met giftige en diep persoonlike haat” teen Zuma.

“As Numsa kan ons tot geen ander gevolgtrekking kom nie as om te aanvaar dat sommige wit progressiewes van gister, rassisties en kolonialisties geraak het in hul vooruitsigte sedert die koms van ons nuwe demokratiese bestel.”

Фильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.