Suid-Afrika ly onder Amerikaanse rassebeleid

Deel op

{jathumbnail off}

Ferdi Greyling van Beeld se rubrieke is altyd vir my so ‘n groot teleurstelling! Soms, by uitsondering, kry hy dit reg om ‘n mens met sy gedagtes te prikkel, maar meesal begin hy met fanfare en eindig dit in ‘n groteske cliché.

Vandag “sukkel” hy in Boustene vir die wit gevaar met die vraag “hoe die ‘swart gevaar’ van destyds verskil van die ‘wit gevaar’ van vandag?” Dít nou na aanleiding van Jacob Zuma se stellings dat “wit mans steeds die ekonomie besit”. Tim du Plessis het ook so ‘n hebbelikheid om gedurig die ANC aan die vorige NP gelyk te stel. Is dit iets waaroor mense in die teepouses by Mediapark te Aucklandpark, waar Beeld se kantore geleë is, gesels? In die ou dae het die onnosele Engelse koerante in dié land mos gespot met die “swart gevaar” waarvoor die NP-kiesers so bang is en nou praat Greyling van die “wit gevaar”. Dis so ‘n fasiele manier van: “Ek as Afrikaner gaan julle nou op die manier beledig waarop julle my beledig het.”

Intussen is dit veel meer kompleks as dit. Hierdie land ly onder die verkeerde stelsel wat van buite af op hom afgedwing is. “Regime change”, noem die Amerikaners dit mos. Irak, Afganistan, Egipte; oral hoor ons van “demokrasie” wat met sanksies of wapengeweld ingestel word, terwyl die gewonde lande agterna nooit weer daarvan herstel nie. Ek was in Egipte net voor Moebarak geval het en dit was glad nie so sleg nie, ‘n min of meer sekulêre Moslemstaat met ‘n bloeiende toerismebedryf en selfversorgend wat landbou betref. Nou is Egipte op die glybaan na Islamitiese teokrasie en onverdraagsaamheid wat deur die stembus verkry word, ‘n geval van “kalkoene wat stem vir Kersfees”.

Op subtiele maniere gaan SA nooit weer van, soos ek dit in my roman Moltrein gestel het, die “reusegraffito, apartheid” herstel wat dwarsoor die aardbol geverf is nie. Daardie propaganda het ‘n valse werklikheid geskep waarteen ons nog vir jare gaan baklei. Ek kan sien Greyling is ook daarin vasgevang en veg ‘n verlore stryd om los te kom.

As Zuma nie van wit mans hou nie, is dit mos sy goeie reg? Feit is dat ‘n sterk swart rasse-identiteit noodwendig op die einde van apartheid volg. Die ou Afrikaanse volkekundiges, soos J.P. Bruwer van Stellenbosch, het dit almal voorspel: sestig, sewentig jaar gelede al. Ek hoef seker nie die politieke geskiedenis van Suid-Afrika aan Beeld se rubriekskrywers te doseer nie. ‘n Goeie begrip het ‘n halwe woord nodig, soos hulle sê. Dis net Engelse wat nie verstaan dat wanneer jy mense se etniese of stamidentiteite vernietig of verwater, dan gaan hulle noodwendig terugreik na ‘n meer grondliggende, biologiese rasse-identiteit nie. Of miskien begryp die Engelse dit, maar verkies dit so, want uiteindelik kan jy steeds ‘n Big Mac en ‘n Coke aan ‘n  swart Nazi verkoop. Die skep van ‘n globale verbruikersmark is uiteindelik al waaroor dit vir die Anglo-Amerikaanse Ryk gaan.

Soos die Duitse rockgroep Rammstein sing, “We’re all living in America”:

We’re all living in America
Coca-Cola, Wonderbra
We’re all living in America
America, America

This is not a love song
This is not a love song
I don’t sing my mother tongue
No, This is not a love song

Hoe gouer ons die “nuwe Suid-Afrika” as ‘n koloniale manifestasie van Amerika se rasseproblematiek verstaan, hoe beter. Die gevaar is dus nie “wit” of “swart” nie, maar eerder… Amerikaans, dié van ‘n klomp fanatiese Protestante wat tot multikulturalisme, “integrasie” en “meng ten alle koste” bekeer is en ons met militêre mag sal dwing om hul eie maatskaplike mislukking na te boots.

White Identity Cover

Daarom is Jared Taylor se boek oor die Amerikaanse rasse-utopie,  White Identity: racial consciousness in the 21st century vir ons so ter sake. Die woorde “White identity” in die titel is misleidend, want hy wil juis sê dat blankes oor geen identiteit meer beskik nie; hulle reageer bloot met gelatenheid op die strydvaardige, selfversekerde rasse-identiteite van swartes, Spaanssprekendes en selfs Asiërs. Dis belangrik dat ons darem verstaan hoe lyk die hart van die Empaaier wat almal hier napraat, nie waar nie? Dis ook waarom PRAAG besluit het om ‘n plaaslike uitgawe van Taylor se boek te maak, sodat ons mense hulself bietjie kan opvoed oor waarheen “nie-rassigheid” of multikulturalisme presies lei.

Ferdi Greyling en ander liberale napraters van die Amerikaanse rassebeleid vrees eintlik die opwelling van rassegevoelens by die ANC en sy leiers. Myns insiens staan ons nog maar aan die begin van swart rassenasionalisme in Suid-Afrika. Dwarsdeur ons geskiedenis – Hermann Giliomee het dit ook nou die dag teenoor my bevestig – het die Engelse hier en vanuit Brittanje gepoog om swart rassenasionalisme aan te hits as ‘n manier om Afrikanersoewereiniteit te beperk of te vernietig. Selfs Rhodes het hom daaroor verwonder. Noudat hulle uiteindelik daarin geslaag het en Frankenstein uit sy Anglo-Amerikaanse laboratorium losgebars het, moet ons veral nie die fout maak om te dink dat ons die monster gaan keer nie. Los dit maar vir Amerika, want hoewel die Empaaier gevoelloos teenoor Afrikanerlewens staan, heg hy wel waarde aan ons grondstowwe. En natuurlik wil Walmart en McDonalds steeds sake doen met die ontvangers van maatskaplike toelaes wat ons, die middelklas, goedgunstiglik finansier.

Waarskynlik stem Ferdi Greyling, as bekeerling tot “nie-rassigheid” of ‘multikul” soos die Hollanders dit noem – kul jou hier, kul jou daar – nie saam nie, maar lees eers Jared Taylor se opeenstapeling van feite oor Amerika se rasse-identiteite, dan praat ons dalk weer.

александр лобановский харьков класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.