Ons gee tans vyf stelle van twee kaartjies elk weg vir die musiekblyspel oor De la Rey, ‘Ons vir jou’, in die Staatsteater. Die vertoning is op 11 Julie 2012 om 20.00 of ‘n ander geskikte datum wat die wenners en die produksie pas.
Om vir die gratis kaartjies in aanmerking te kom, stuur ‘n e-pos aan inlig@praag.org.
Na twee jaar se onophoudelike navrae, word Ons vir jou weer in die Staatsteater aangebied. Ons vir jou, geskryf deur Hertzog-pryswenner, Deon Opperman, en Sean Else en met musiek deur Johan Vorster, is vir die eerste keer in 2008 aangebied en het in 2009 op publieke aandrang teruggekeer. Dié trefferproduksie is reeds deur 45 000 mense gesien.
Opperman sê: “Ek glo dat enige nasie, soos enige mens, wat nie onthou wie hy was nie, nie sal weet wie hy is nie, en nie kan droom oor wat hy nog kan wees nie”.
Ons vir jou vertel die verhaal van ’n kosbare deel van die Afrikanergeskiedenis. Die uitwerking van die Anglo-Boereoorlog op ’n jong Afrikanervolk word met deernis en passie uitgebeeld. Met uitmuntende spel, ontroerende musiek en aangrypende dialoog is Ons vir jou ’n eenkeer-in-ʼn-leeftyd-ervaring.
Aangebied ter viering van die 110de herdenking van die einde van die Anglo-Boereoorlog.
Genre: Musiekspel
Wanneer: Vanaf 7 Julie 2012
Plek: Operahuis, Staatsteater, Pretoria
Kaartjiepryse: Van R190,00 tot R350,00