W??r soek ons die pad na vryheid?

ImageTerwyl ander in hierdie land nog net praat oor die onbeheerde misdaadtoestand, die kragvoorsieningskrisis, werkloosheid, brandstoftekort, behuisingsnood, inflasie en menige ander krisisse wat nog op pad is, beplan sommige van ons lank reeds die vryheidspad van die blanke in Suid-Afrika, en meer spesifiek die ontknegting van ons Afrikanervolk.  Omdat dit geen eenvoudige taak is nie, sal sukses afhang van die deeglike omvattendheid van hierdie beplanning.  Nie alleen sal elke tree noukeurig uitgestip moet word nie, maar moet daar ook nou dringend aandag gegee word aan een van die heel belangrikste aspekte, naamlik hoe om hierdie Godgegewe stukkie aarde te bly behou, en dit nooit, maar nooit weer, te moet afstaan aan ons volksvyande nie.

As ons wil praat oor hoe die Afrikanervolk sy vryheid moet herwin in ʼn land wat besig is om totaal ineen te stort, moet ons besef dat daar verskeie fasette van belang is.  Nie alleen het ons te doen met ʼn ekonomiese ineenstorting op ons hande nie, maar vorm die kulturele en godsdienstige aspekte binne die politiese situasie ʼn integrale deel van die pad na vryheid. 

Vir die meeste Afrikaners is dit ondenkbaar om selfs net te glo dat daar ʼn uitgelegde pad na vryheid bestaan.  Die meerderheid vrees dit wat met hulle sal gebeur indien hul weerstand bied teen die verknegting onder die barbarisme van ʼn swart regering, en daardie vrees is nog groter as die nood waarin hul tans verkeer.

Dit is ook te verstane dat ʼn verslane volk so verslae is dat hul nie weet waar om die pad na vryheid te begin soek nie. En die magteloosheid neem toe as die minister van Veiligheid en Sekuriteit, Charles Nqakula in die Parlement sê “As julle wil kla, gaan uit die land uit; of bly stil”.  Daarom word daar in stilte gely en het selfs die hoop vir beter omstandighede hulle verlaat.  En vir dié wat nie wil of kan vertrek nie, is daar ander beplanning gedoen. Derduisende is reeds vermoor.  Vir die res is daar óók voorsiening gemaak:  goed-opgeleide en belese Afrikaners maak nou die meerderheid uit van die meer as drie miljoen werklose blankes terwyl die amptelike syfer in 2006 nog maar 900 000 was.  Tans is daar ongeveer 430 000 wat te arm is om in tradisionele blanke woonbuurtes te woon, en probeer hulle oorleef in plakkerskampe en tente.  Ander is gelukkiger om dalk in ʼn tydelike toevlugsoord herberg te vind soos in Westfort, wes van Pretoria waar daar die afgelope paar maande weer 1 250 gesinne ingeneem is.  Sommige slaap binne die baddens daar, ander op planke en sonder beddegoed, en van noodsaaklike lewensbehoeftes is daar nie sprake nie.

Soos wat daar in die Sunday Standard vanuit Gabarone, oor Suid-Afrika berig word, so is die hele swart Afrika van mening dat die witman nie in Afrika hoort nie. In ʼn rubriek onder die naam Loose Canon, skryf ʼn swarte soos volg:

 

The whites can leave.  Nobody invited them in the first place. Some of the whites are now so poor they have resorted to begging at traffic lights.  The sight of white beggars gives me so much joy.  Let them taste the feeling. They should count themselves lucky they were not shot on the day of liberation. Perhaps it’s not too late to hang a few whites at the local stadium just to remind them who is in charge.

 

“Why didn’t the blacks in South-Africa divide white women amongest themselves? But it’s not too late. Whites never stop complaining.  They whinge about crime.  They say the country is the most violent in the world.

 

“I like Zuma. When he was vice president he realised they were not paying him enough.  He became friends with a chap who bought him clothes and gave him money. Some jealous blacks and their white friends called that corruption!

 

“The people love Zuma. I can’t wait for him to take over.  I want him to distribute white women among the long suffering black chaps in South-Africa.  He must first choose which white woman he wants.  He can even have two.  That done he must then distribute to his loyal supporters. And if there is a surplus he should distribute to his supporters in tiny neighbouring states.  I am one of his supporters.  I look forward to the reign of President Jacob Zuma.”

 

 

Hierdie was net ʼn paar voorbeelde van wat met die Afrikanervolk gebeur het en nog gáán gebeur onder die verraderlike beplanning van die ANC-regime.  Van “onbevoegdheid” behoort daar nie eers gepraat te word nie want dit was van die begin af hulle plan om blank Suid-Afrika af te breek, van die witman se onwelkome kultuur, politiek, godsdiens en welvarende ekonomie ontslae te raak, om sodoende hulle eie Afrikakultuur, Afrikapolitiek, voorvadergeeste en armoede te verwelkom.  Dit het Mandela reeds jare gelede in feitlik soveel woorde gesê, en in ʼn relatiewe kort tyd na swart oorname het hulle bykans daarin geslaag. 

Die breinspoeling het volmaak gewerk, die verwoesting is groot, die Afrikanermoed min, maar net soos die Skepper en Onderhouer van ons volk ons telkens teruggelei het op die pad na vryheid, sal Hy dit ook hierdie keer doen, op sy voorwaardes, en volgens sy beloftes.  En Hy wag dat ons daardie voorwaardes ernstig bejeën. 

Oor wat daardie voorwaardes is, hoef daar geen twyfel te wees nie. En dat ons dit eers sal moet nakom voordat Hy sy beloftes vir ons sal waar maak, is net so seker. Daarvoor het Hy aan ons sy Skrif gegee om te bestudeer.  As ons ophou om die krag daarvan in twyfel te trek en ons opnuut met die kennis daarin verryk, sal ons die moed kry om op te staan uit hierdie verslae toestand.  As ons dan weet om dáár ons pad na vryheid te gaan soek, sal ons oë groot genoeg oopgaan om dit te vind en te volg.

Wanneer ons Vader ons aansê om klaar te maak en op te trek om ons land terug te neem, soos Hy vir Jakob beveel het om Bet-el te kon terugkry, dan moet ons ook ons vreemde gode verwyder, onsself reinig en ander klere aantrek, en dan bedóél om met mening hierdie altaar vir Hom te bou. Daardeur sal ons ʼn menigte binne ons eie volk word, met konings uit ons lendene en hierdie land wat ons weer eens op ʼn skinkbord  weggegee het, sal aan ons en ons nageslag teruggegee word. Hieroor bestaan geen twyfel nie!  Hierdie belofte word nog ʼn keer bevestig wanneer Hy ons in Matthéüs 6:33 beveel: “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”  God wil so vreeslik graag ons land genees, maar ons sal dit eers moet toelaat.

As ons hierdie raad uit Sy Woord, in geloof, maar ook getrou met ons werke nakom, sál ons weer die pad van vryheid vind!  En as ons nie weer hierdie pad verlaat nie, dan sál ons hierdie land vir al ons nageslagte behou, en nie nodig hê om weer hierlangs te stap nie.

Mag u en ek die moed, krag, wysheid en deursettingsvermoë daartoe ontvang, maar veral daarnatoe werk!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.