12 mak donkies geskiet

Deel op

Dierewelsynsorganisasies is geskok oor 12 mak donkies wat vermoedelik deur veediewe geskiet en geslag is. Oorblyfsels van die karkasse is deur ‘n familielid van die donkies se eienaar gevind. Die eienaar is van ROBERTSON maar verkies om naamloos te bly. Die donkies het in oop veld langs die hoofpad op ‘n plaas tussen SWELLENDAM en BREDASDORP gewei. WESKAAP polisiesegsman ANDRE TRAUTBREDASDORP se veediefstaleenheid het op dieselfde dag ‘n klagte oor veediefstal van die plaas Soutpansvlakte ontvang. TRAUT sê die koppe en hoewe van die donkies is op die toneel gelaat maar die karkasse is verwyder. Twee mans van BREDASDORP is na ‘n ondersoek in hegtenis geneem.

046-1 бланкОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.