‘Lied van my hart’ verower harte

Steve en Nadine
Deel op

Steve en NadineDeon Opperman & Sean Else groet met twee ekstra vertonings

Na afloop van die eerste vertonings van Lied Van My Hart het dit gegons op sosiale netwerke. Terugvoer van gehore was oorweldigend positief en vol lof en waardering – soveel vertonings, soveel staande toejuigings!

Lied Van My Hart is die skryfspan Deon Opperman en Sean Else se super suksesvolle musiekspel waarin Afrikaanse treffers met ‘n oorspronklike verhaal verweef word. Meer as 19 000 mense het reeds na die Operahuis in Pretoria gestroom, om Lied Van My Hart te ervaar en vir talle was eenkeer net nie genoeg nie.

Deon Opperman sê: “Ons wil hê dat almal wat nog nie in hierdie vertoning van ongelooflike pret kon deel nie, dit wel kan doen voor die gordyn vir die laaste keer sak.” Gevolglik is daar 2 ekstra vertonings op Dinsdag 15 Mei en Woensdag 16 Mei. Dít boonop teen die afslagprys van slegs R195.00 per kaartjie, vir enige sitplek in die teater. Familie- en groepkorting ook beskikbaar.

Met supersterre Steve Hofmeyr en Nádine in die hoofrolle, ondersteun deur groot name soos Elzabé Zietsman, Vaughan Gardiner, Altus Theart en Michelle Botha, is Lied Van My Hart ‘n ster-en-treffer musiekspel skouspel soos nog nooit vantevore. Steve sê dit is vir hom ʼn lagterapie-ervaring. Een van die skaterlag oomblikke is wanneer ʼn aspirant-sanger (Blaise) tydens ʼn oudisie, vir Wayne le Roux (Steve Hofmeyr), sy eie verwerkte weergawe van die lied De la Rey sing. Elzette Kannemeyer (Elzabé Zietsman) ʼn superfeeks, sorg vir spanning en heelwat reaksie uit die gehoor. Jana de Wet (Nádine) is ʼn meisie met ʼn droom – om ʼn popster te word. Sy pak haar tas en verruil haar doodgewone bestaan, vir die roem en rykdom aan die einde van die groot stad se neon-reënboog. Deur haar aangrypende reis sien ons hoe die stad haar onskuld stadig inkatrol en sy in die web van roem verstrengel raak. Sy leer dat bekendheid en rykdom ʼn prys het, en dat die enigste manier om eg te leef, is om trou te wees aan die stem in jou hart…

Bespreking: Computicket-takke of aanlyn by www.liedvanmyhart.co.za
Vervaardigers: Packed House Productions & die Aardklop-Stigting
Rolverdeling: Steve Hofmeyr, Nádine, Elzabé Zietsman, Vaughan Gardiner (Gerhard – Hartland), Altus Theart (Fafa – Getroud Met Rugby), Michelle Botha (Cornia – Getroud Met Rugby), Cobus Venter, Tessa Denton, Johan C Venter (Flip-a-Coin), Edrien Erasmus, Sasha Stroebel en Jaco Muller.

Фильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.